Op 2019 se Pegan en yacu00f3n
Op 2019 se Pegan en yacu00f3n

Op 2019 se Pegan en yacón

Gerine Hoff
Gerine Hoff

Gerine Hoff - Die 55 dae van Januarie is nog steeds in volle gang, en pay day is vir die meeste van ons nog ver weg.

Maar soos altyd bring die nuwe jaar ook nuwe hoop, nuwe uitdagings, nuwe verwagtinge en natuurlik ’n rits nuwejaarsvoornemens wat teen hierdie tyd reeds amper vergete is.

Oudergewoonte is een van my nuwejaarsvoornemens om die ekstra gewiggies af te skud. Eintlik is dit glad nie ’n nuwejaarsvoorneme nie. Dis ’n daaglikse voorneme.

Natuurlik is dit maar moeilik om jou gewig dop te hou terwyl jy met vakansie is, en die Kersdisse net eenvoudig té heerlik is om voor nee te sê. Omdat ek eers vroeër hierdie week begin werk het, het ek gedink dié spesifieke nuwejaarsvoornemene kan maar wag tot ministens die middel van die maand om in te skop.

Vir my is daar geen sprake van “van uitstel, kom afstel” nie. Nee, hierdie jaar gaan anders wees. En ek gaan anders as vorige jare beslis by my voorneme bly.

Maar eers ’n bietjie navorsing. Daar is mos elke jaar nuwe trends – vir modes, vir giere en ook vir diëte.

Dr Google – never mind ’n regte dieetkundige – het mos al die antwoorde. Soek vinnig vir “diet trends in 2019” en meer as 266 000 000 antwoorde wag op jou.

Volgens verskeie bronne is een van die grootste veranderinge dat Keto uit is en Mediterreens in. Of oorweeg dalk die Pegan (vir ons wat nie weet nie, ’n versnit tussen Paleo en vegan. Vra vir Google vir meer hieroor.)

Slegte nuus vir amandel- en klappermelk, is dat hawermelk die nuwe inding is. Amandelbotter is ook nie meer cool nie. In die nuwe dieetjaar word dit met tahini vervang.

Een brokkie goeie nuus is dat brood nie meer die nare stiefsussie van die dieetwêreld is nie. Dit beteken egter nie jy kan gou winkel toe haas en brood gaan koop nie. O nee. Jy moet dit self bak. Met nét die regte bestanddele.

Probiotika is ook só verlede jaar. Die nuwe inding is prebiotika. Vir die hipsters onder ons het ’n maatskappy in Kanada onlangs ’n prebiotiese craft koeldrank ontwikkel – teen US$5 per blikkie. Dié koeldrank is versoet met prebiotiese yacón-wortel en bevat (sluk) geen bygevoegde suiker, kafeïen, preserveermiddels of kunsmatige kleure en geure nie.

Nog ’n inding is medisinale sampioene soos Cordyceps, Lion’s Mane, Chaga, Turkey Tail en Reishi. Ja, ek het gaan soek. Ons kry dit nie hier nie. So nog ’n neiging wat ek nie sal kan volg nie.

Nog iets wat waarskynlik nie binnekort in ons geweste gaan land nie, maar die gesondheidswêreld op hol het, is disse wat met CBD- en hempolie bedien word nie. Dalk eendag.

Vir die meeste Namibiërs gaan hierdie neiging ’n moeilike een wees om te sluk: Al hoe meer plantgebaseerde kosse soos boontjiepasta en soja-, tofu- of quinoa is in, terwyl diereproteïene al hoe minder gewild is. Eeek. Nie vir my nie, dankie.

Eintlik klink al hierdie goed glad nie lekker nie, en hoe meer ek daaraan dink, hoe minder pla die ekstra gewiggies my.

Kom ons wag maar vir volgende jaar. Dalk hou my voorneme dan ’n bietjie langer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!