Ooswind looi kus
Die kus, veral Walvisbaai, word die afgelope paar dae geteister deur sterk ooswinde wat met bloedige temperature (38°C ) en stofstorms gepaardgaan. Sandhope het op die B2-hoofpad by die ingang van dié hawedorp gevorm. 'n Verkeersbeampte het motoriste langs die pad gewaarsku en verkeer gereguleer. Volgens 'n tegniese toesighouer van Walvisbaai se munisipaliteit, mnr. Laurence Nauseb, sal werksaamhede binnekort begin om die sand van die pad te verwyder. FOTO OTIS FINCK
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie