Oornag in 'n treinwa op Tsumeb

Gerine Hoff
Ou treinwaens omskep in gerieflike slaapplek staan agter die indrukwekkende Farmhouse Deli-kompleks met sy Puma-diensstasie en OK Express buite Tsumeb.

Dié nuwe ontwikkeling is op die hoek van die B1 en die C42 en bied 'n restaurant, deli-mark, wegneemetes, vulstasie en padkafee vir swaardiensvrag­motors, kunssentrum, kroeg­area en piekniekplekke.

Dit is maar een van die dinamiese Bosch-familie se ondernemings. William en Thea is altyd besig: In die kweekhuis, die druiweboord, die papajaplantasie, of by die varkplaas, die abattoir en die bakkery. Die amptelike opening van die kompleks was op 25 Augustus 2017. 'n Honderd werknemers dra by tot die hele bedryf; 30 op die plaas, 30 in die abattoir en 40 by die OK Express. Thea se passie is duidelik tydens 'n kort besigtigingstoer van die unieke akkommodasie. Sy vertel hoe die treinwaens op vragmotors vervoer is en met groot sorg ingerig is. Met die kandelaar wat bo die spierwit beddegoed hang, en die romantiese binnenshuise versiering, laat die kamers 'n mens maklik 'n droomwêreld betree. Iets besonders wag op dié hoekie

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!