Oorlogsveteraan wil plaasgrond weggee
Oorlogsveteraan wil plaasgrond weggee

Oorlogsveteraan wil plaasgrond weggee

Volgens 'n barmhartige samaritaan het stigterspresident Sam Nujoma haar geïnspireer om duisende hektaar grond aan behoeftiges te skenk.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



'n Geregistreerde ­oorlogsveteraan wil 10 000 hektaar van haar plaas in die ­Hardapstreek weggee.

Me. Victoria Kauluma, dogter van die Ondonga-­koning, Immanuel Kauluma Elifas, het in Maart 'n gedeelte van Plaas Lahnstein No. 193 op 'n veiling gekoop en daarheen getrek.

Die stuk grond, van 20 364 hektaar, is volgens haar te groot vir haar en haar twee kinders, wat tans beide in Kanada woon. “Ek wil nie alleen op die plaas bly nie. Ek wil 'n ­gedeelte aan die mense van die Hardapstreek gee,” het Kauluma haar ruim aanbod verduidelik.

Haar plan is om die 44 kampe op die plaas in minstens vyf hektaar-stukke te verdeel en vir mense te gee wat op klein skaal wil boer. Dit sal 2 000 voornemende boere begunstig. “Ek wil dit nie verkoop of verhuur nie. Ek wil dit gee vir mense wat dit verdien. Die grond was 'n geskenk van die Here en ek wil dit met ander deel.”

Kauluma, 'n stoere Swapo-ondersteuner, sê sy wil die grond skenk aan enige iemand, ongeag ­velkleur, oortuigings of partyverband.

“Ek wil dit vir die arm en behoeftige mense van die Hardapstreek gee, want dié mense ly; niemand sorg vir hulle nie. Dit sal soveel beter wees as mense die geleentheid het om te werk en hul eie tuine te skep. Daardeur kan hulle hul eie kos produseer pleks van die ewige afhanklikheid van Suid-Afrika. Ons het die ­bevoegdheid om self­onderhoudend te raak.”

Volgens Kauluma voorsien die Hardap-­raadslede nie in die behoeftes van die mense nie, al het hulle talle geleenthede om dit te doen.

Sy meen baie Swapo-politici in die streek dink net aan hulself en dien nie die kiesers nie.

Sy sê voorts werkloosheid in die streek is 'n reuseprobleem en min word gedoen om die mense te hervestig nie.

“Daar is geen bemagtigingsprojekte vir die jeug, vroue en SME (klein- en mediumsakeondernemings) nie. Raadslede gee die projekte vir hul families en vriende.

“Waarom word die Hardap-mense nie ­hervestig sodat hulle kan floreer nie?”



BELANGSTELLENDES

Kauluma sê sy het haar besluit lank oordink en is geïnspireer deur die stigterspresident, dr. Sam Nujoma, wat 'n skool en kliniek op sy plaas aan omliggende ­gemeenskappe geskenk het.

“Ek het geleer van hom wat nie net vir mense van Swapo staan nie; hy het vir almal in die land geveg. Swapo kyk na almal, dit is jou moeder en vader, en die sleutel tot alle inwoners.”

Kauluma sê belangstellendes wat grond wil bekom, kan registreer by die 062-gebou in Bahnhofstraat op Rehoboth, of haar direk kontak by 081 467 6195 en 081 473 1569.

“Enigeen kan registreer, mits jy van die Hardapstreek is. Mense kan lewende hawe aanhou op die grond, maar dit is nie net vir weiding bedoel nie. Ek wil hê mense moet tuine aanlê om hulself te voed.”

Sy het sterk benadruk geen sjebeens of verkope sal op die grond geduld word nie.

Kauluma sal begunstigdes help om die grond op hul naam by die Registrateur van Aktes te registreer sodra sy kwytskelding van die ministerie van grond­hervorming ontvang het.

Sy het ander wat tot dusver voordeel getrek het uit grondverkrygings, uitgedaag om haar voorbeeld te volg.

“Moenie selfsugtig wees nie. Gee klein stukke grond vir die ­toekomstige geslagte van Namibië.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%