Oorlog tussen VSA, China slegte nuus vir SA

Trump glo handelsoorloë ‘werk’

13 May 2019 | Ekonomie
Bloomberg – Ekonome is bekommerd oor die uitwerking wat die verdiepende handelsoorlog tussen die VSA en China op die wêreldekonomie – en veral op ontluikende lande soos Suid-Afrika – gaan hê.

China het Vrydag weerwraak belowe nadat die VSA invoertariewe van 10% tot 25% verhoog het op 5 700 produkkategorieë wat vanuit China ingevoer word.

Dit wissel van gekookte groente en Kersliggies tot babastoeltjies en verteenwoordig nagenoeg $200 miljard se goedere.

Die invoertariewe is een van die mees dramatiese stappe wat pres. Donald Trump van die VSA ingestel het om toegewings uit China te wurg, en verdiep ’n konflik wat ’n lang skadu oor wêreld- ekonomiese groei gooi.

Die tariewe is ingestel ondanks die onderhandelinge tussen ’n hoëvlakafvaardiging van China na Washington. Onderhandelinge het Donderdag glo nie juis gevorder nie en sal Vrydag voortgesit word.

Liu He, China se adjunkpremier, Robert Lighthizer, die VSA se handelsverteenwoordiger, en Steven Mnuchin, minister van finansies, neem aan die gesprekke deel.

Trump het Donderdag gedreig om invoertariewe op nóg $325 miljard se Chinese invoerprodukte te verhoog, wat eintlik sal beteken alle Chinese invoer gaan aan hoër tariewe onderhewig wees.

Ekonome van Moody’s Analytics het dié week in ’n verslag gesê ’n volskaalse handelsoorlog hou ernstige gevolge in vir die VSA, China en die hele wêreldekonomie. Dit skep die risiko dat die Amerikaanse ekonomie teen einde 2020 in ’n resessies sal val – juis op die tydstip van die presidentsverkiesing.

Die stap kan ook ontluikende lande soos Suid-Afrika hard tref omdat dit “onsekerheid in die wêreldhandelomgewing vererger” en “bydra tot risiko-afkeer wêreldwyd” sê Michael Taylor van Moody’s Investors Service in Hongkong.

’n Risiko-afkeer beteken beleggers sal eerder in sogenaamde veilige hawens – die dollar en selfs goud – en in ontwikkelde lande belê en sal hulle aan ontluikende lande onttrek, wat dié lande se geldeenhede onder groot druk sal plaas.

Die nuwe tariewe is ingestel net vyf dae nadat China daaroor gewaarsku is – 25%-tariewe geld reeds op produkte wat $50 miljard se invoer verteenwoordig.

Ontleders is nie besonder optimisties dat ’n deurbraak Vrydag bereik gaan word nie.

Trump het aangedui dat hy pres. Xi Jinping van China dalk sal bel, maar geen oproep is nog geskeduleer nie.

Trump beskou onlangse goeie ekonomiese syfers as ’n aanduiding dat sy handelsoorloë “werk” en groei bevorder.

Trump voer aan “China betaal” miljarde dollars aan die hoër invoertariewe, maar ekonome reken die koste word bloot aan Amerikaanse maatskappye en verbruikers deurgegee.

Die spanning tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë het finansiële markte wêreldwyd omgekrap. Die S&P 500-indeks van die 500 grootste Amerikaanse maatskappye het Donderdag vir die vierde opeenvolgende dag laer gesluit. – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Soortgelyk

 

Verbod op vakleerlinge in staatsdiens opgehef

1 uur gelede | Regering

Die verbod op die plasing van vakleerlinge in die staatsdiens word op 1 Junie vanjaar opgehef, het die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, vandag in...

Staat vra hof om minister skuldig te bevind

5 ure gelede | Howe

Adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze het vroeër vandag vir regter Christie Liebenberg gevra om vir me. Katrina Hanse-Himarwa skuldig te bevind aan korrupsie.Dít kom nadat die staat...

Brian Finch privaat gegroet

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die musieklegende Brian Finch, wat vroeër vandeesweek sy stryd teen kanker verloor het, gaan tydens ’n private seremonie ter ruste gelê word. Volgens ’n plaaslike...

NSFAF beperk finansiering

9 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sal eerskomende Vrydag ’n lys van 2 925 nuwe begunstigdes beskikbaar stel. Die byna 3 000 gelukkiges word...

Eis van miljoene ná miskraam

20 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

20 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

20 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

20 ure gelede | In beeld

Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan. Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise...

Live for the moments, not the milestones

20 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...