Oorlog teen media woed voort

Regeringsuitsprake verwerp

25 November 2019 | Regering
Augetto Graig



Die veteraanjoernalis en uit­voerende voorsitter van die Namibia Media Trust (NMT), me. Gwen Lister, het haar sterk teen die regering se houding teenoor plaaslike media uitgespreek.

Dít volg op die nuutste verklaring vanuit die presidentskantoor wat die Namibiese media oor die kole haal.

Dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, het Donderdag 'n verklaring uitgereik waarin die media se “disinformasie-veldtog” in aanloop tot Woensdag se verkiesings betreur word.

“Die oopvlek van die #Fishrot-skandaal en die Kora-toekennings is so bereken om die verkiesing se uitkoms te beïnvloed, en nog berigte word voor 27 November verwag,” skryf Hengari.

“Die president (Hage Geingob) is gevra oor Kora en die #Fishrot-skandaal, waarop hy vantevore noukeurig en volledig geantwoord het. Dis ontstellend dat sekere vrae laat gestuur word, met die teks wat reeds geskryf is en waarop vooraf besluit is,” sê hy.

“Mediahuise se pogings om deur 'n disinformasieveldtog met Namibiese stemgeregtigdes in te meng, wat hul demokratiese reg wil uitvoer, word betreur,” lui die verklaring.

In reaksie hierop sê Lister die presidentskantoor verwar die publiek en is oneerlik, omdat feitelike nuus aangeval word teen die agtergrond van fopnuus in die sosiale media oor die 2019-verkiesings.

“Na ons mening is dit 'n swak en ondeurdagte stelling,” is haar kommentaar op Hengari se verklaring.

“Die #Fishrot-ondersoek is reeds jare aan die gang en ongeag wanneer dit onder die publiek se aandag gebring word, moet die oopvlek van 'n korrupsieskandaal van hierdie omvang deur alle Namibiërs verwelkom word,” sê sy.

“Dit stel die genadelose plundering van ons natuurlike hulpbronne deur politici en gulsige individue bloot,” sê sy.

Lister sê die twee ministers se inhegtenisneming ná berigte oor die skandaal gepubliseer is, dui daarop daar steek waarheid in die verslae.

“Mediasensuur, soos in die presidentskantoor se verklaring beskryf is, bring die risiko mee dat die land sy status as Afrika se topvoorbeeld van mediavryheid kan verloor. Dit stel joernaliste ook in die uitvoering van hul werk in gevaar,” sê sy.

Lister sê regdenkende Namibiërs moet die waghondrol verwelkom wat joernaliste speel.

“Hierdie joernalistiek het geen agenda om voorkeur aan een politieke party of presidensiële kandidaat te verleen nie.

“Dit het ten doel om Namibiërs oor die misbruik van kosbare hulpbronne in te lig; hulpbronne wat tot die meerderheid se voordeel en die verbetering van armes se lewenstandaard aangewend moes word,” sê sy.

Lister het haar vroeër vandeesmaand ook uitgespreek teen die minister van handel, nywerheidsontwikkeling en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, wat na Namibiese media as “irriterende vlieë” verwys het wat voornemende beleggers se gedagtes “vergiftig”.

Dít by 'n geleentheid waar 'n memorandum van begrip tussen die internasionale maatskappy DP World en die !Nara Namib- vrye ekonomiese nywerheidsone onderteken is.

Lister het die regering herinner aan die kritieke rol wat joernalistiek in 'n demokrasie speel – veral in verkiesingstye.

“Aanvalle op die media sal die heersende spanning bloot vererger,” het sy gesê. - [email protected]

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

5 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

17 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

17 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

17 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

17 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

17 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

17 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...