Oorlog in Sirië wurg die robbedryf

Geen welpies vanjaar geslag
Des Erasmus
Des Erasmus - Die oorlog in Sirië en die gespanne betrekkinge wat dit in sekere Europese lande geskep het, het die robverwerkingsbedryf van Namibië feitlik tot stilstand gedwing.
Waarskynlik gaan nie ‘n enkele robwelpie vanjaar in die omgewing van Kaap Kruis, noord van Hentiesbaai, geslag word nie.
Sou die toestand voortduur, kan dit verreikende implikasies vir Namibië se visverwerkingsbedryf inhou. Die jaarlikse kwota wat aan verwerkers toegestaan word, het gewoonlik op tussen 15 000 en 20 000 jong robbe gestaan. ‘n Geskatte 8 000 bulle gaan wel geslag en verwerk word.
Die ineenstorting van die internasionale mark kan wel meebring dat verwante nywerhede na Namibië gebring word. Benewens pelsverwerking kan dít die plaaslike vervaardiging van roboliepille vir medisinale gebruik, die verwerking van robleer vir onder meer skoene en die fynere kuns van pelsverwerking insluit. Robmeel en selfs sekere vleissnitte kan ook plaaslik gelewer word.
“Ons werk daaraan,” het mnr. Gys Cilliers van Seal Products gesê.
Cilliers het gesê Turkye is die grootste koper van Namibiese robpelse.
“Ek wonder of Turkye vanjaar een enkele ru-pels in Namibië gaan koop. Dit was ons hoofmark, indien nie die enigste nie. Ons kan jong robbe nie net doodmaak vir doodmaak nie,” het hy gesê.
Verwerkte robpelse is ‘n weeldeproduk, het Cilliers gesê.
Volgens hom laat oorloë en gerugte van oorloë mense heel eerste op weeldeartikels bespaar. Van Turkye het die verwerkte pelse na lande soos die Oekraïne en Rusland gegaan. Onsekerheid as gevolg van oorlogswolke het die afsetgebiede feitlik uitgewis.
Cilliers is bekommerd oor die aanwas van robbe wat nou sonder enige belemmering voortgaan. Robbe is visvreters en oorbevolking kan die bestaande kommersiële visbronne skade berokken.
In belang van bronnebestuur het Seal Products op die oes van robbulle gekonsentreer.
Volgens Cilliers strook dit met aanvaarde landbounorme van hoe minder bulle, hoe kleiner aanwas.
Volgens hom gaan die ineensorting van die mark ook gepaard met ‘n doodse stilte aan die kant van internasionale versetbewegings teen die oes van robbe in Namibië.
“Ons het nie ‘n woord van een van die instansies gehoor nie en nie een van die ouens se spioene gesien nie,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!