Oorlewende van Auschwitz dood op besoek aan Pole
Oorlewende van Auschwitz dood op besoek aan Pole

Oorlewende van Auschwitz dood op besoek aan Pole

Eva Mozes Kor (85), ’n oorlewende van die Auschwitz-konsentrasiekamp waar 1,5 miljoen Jode in die Tweede Wêreldoorlog uitgewis is, is Donderdag in Krakow, Pole dood.

Kor, wat in Amerika gewoon en haar lewe gewy het aan bewusmaking oor die menseslagting deur die Nazi’s, was op haar jaarlikse besoek aan die gebied waar die kamp tydens die Twee Wêreldoorlog was, toe sy dood is.

Die Candles Museum in Indiana, Amerika, wat deur die Romeens gebore Kor gestig is, sê op sy Twitter-blad die personeel betreur die dood van ’n “oorlewende, voorstander van vergifnis en stigter van die museum”.

We are deeply saddened to announce the passing of Eva Kor, Holocaust survivor, forgiveness advocate, and founder of CANDLES Holocaust Museum and Education Center. Eva passed peacefully today, July 4th, 2019, at 7:10am local time in Krakow, Poland on the annual CANDLES trip.

— CANDLES Museum (@candlesmuseum) July 4, 2019

The Guardian berig Michael Schudrich, Pole se hoofrabbi, het in sy huldeblyk gesê sy sal in Amerika begrawe word.

Hy het gesê sy hart is gebroke.

In ’n video wat Kor vyf dae voor haar dood vir die Auschwitz-herdenkingsmuseum gemaak het, het Kor gesê mense moet hul grootste vyande vergewe.

“Ek het uit Nazi-Duitsland gevlug, en daarom hoop ek dat Amerika nie sy rug op vlugtelinge sal keer nie. Die oomblik toe ek die Nazi’s vergewe het, het ek vry van Auschwitz en die tragedie gevoel.”

Kor het ook gesê mense kan rasseverskille oorkom deur mekaar met respek en billikheid te behandel. “Dit verg geen wet en geen regering nie.”

"Think of doing something good."

A fragment of the testimony of

@EvaMozesKor, an Auschwitz survivor, founder of @candlesmuseum recorded on 28 June 2019 at @AuschwitzMuseum.

Eva passed away on 4 July 2019.

pic.twitter.com/YARctrzFtS

— Auschwitz Memorial (@AuschwitzMuseum) July 5, 2019

Kor het in 2015 in die verhoor van Oskar Groening, voormalige SS-bevelvoerder en boekhouer, getuig. Hy is aangekla van meer as 300 000 klagte dat hy meegewerk het in die dood van Hongaarse Jode.

In dié verhoor het Kor getuig oor haar ervaring onder

Josef Mengele, die dokter wat met mediese eksperimente op tweelinge bemoeid was.

Kor en haar tweelingsuster, Miriam, was tien jaar oud toe hulle gereeld deur Menegele ingespuit is. Hulle het albei die trauma oorleef. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!