Oorgehaal vir laaste Song Night

29 November 2019 | Byvoegsels
Die gewilde gratis platform vir jong en opkomende musikante, die Rand Merchant Bank (RMB) Song Night, is besig met die laaste voorbereidings vir die finale konsert vir die jaar.

Die vertoning vind op Woensdag 4 Desember by die Franco-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) plaas.

Kollig het met Lize Ehlers, die stigter van RMB Song Night, oor die afgelope jaar en laaste show gesels.

As jy haar vra hoe sy voel na afloop van die jaar, is daar verligting, maar ook opgewondenheid in haar stem.

“Ek voel terselfdertyd hartseer en bly om te weet ons doen binnekort ons laaste Song Night. Die jaar was baie lank en ons het goeie en hoëgehalteproduksies gelewer, maar dit was rof. Die Song Night-span is almal baie opgewonde, veral oor om te sien hoe alle voorbereidings vir die aand bymekaarkom. Ons het geweldig hard gewerk,” sê Ehlers.

“2019 was vir ons oorweldigend. Dis wonderlik om te sien hoe die platform kunstenaars bemagtig en uiteindelik beter sangers maak. Ons doel is om kunstenaars aan te moedig en konstant by te staan. En dit is presies wat ons reggekry het. Mense moet weet dat musiek as ‘n loopbaan in Namibië beskou kan word,”

Van die hoogtepunte van 2019 was Treza Cooper, Song Night-ambassadeur, wat haar eerste enkelsnit bekend gestel het.

“Ons is baie dankbaar vir RMB wat dit opname geborg het. Dit was ‘n groot oomblik vir haar én vir ons. RMB is goed vir ons. Hulle betaal die venue, die band, die stilis en allerlei benodigdhede.”

Ehlers sê min mense besef hoe baie werk ‘n produksie van dié aard verg.

“Dit vereis baie fokus en uithouvermoë. Dis nie altyd maklik nie, maar dis altyd belowend.”

Die laaste show se tema is “Ke December” en die gasheer is die bekroonde akteur Adriano Visagie.

Mense kan uitsien na ‘n wye verskeidenheid musiek.

“Dit gaan 'n kombinasie van house, hip-hop, soukous-kwasa en selfs ‘n paar Kersliedjies wees. Ons gaan ook die nuwe ambassadeur vir 2020 aankondig.”

Volgens Ehlers vier RMB Song Night in 2020 sy negende bestaansjaar.

“Ons beoog om die Song Night-verhoog tot 2021 aan die gang te hou en sodoende tien jaar in die bedryf kan vier. ‘n Groot droom vir ons. Ons is vol hoop.”

Met die Warehouse-teater wat vroeër vanjaar sy deure gesluit het, is die hoop dat die FNCC Song Night se ‘huis’ vir die volgende twee jaar kan wees.

“Ek nooi die publiek uit om te kom kyk watter natuurlike sangtalent binne ons landsgrense skuil.”

Kaartjies kos N$100 by die deure en die show begin om 20:00

Soortgelyk

 

Kauhaie wins the crown

7 ure gelede | Skole

Irene-Mari van der Walt Swakopmund • [email protected] the cancellation of the Mr Teen Swakopmund 2020, the Miss Teen Swakopmund 2020 pageant went ahead at...

Verband tussen voorvalle van verkragting ondersoek

7 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die ooreenkomste tussen twee gruverkragtings die afgelope week in Havana aan die buitewyke van Windhoek kan die werk van reeksverkragters wees.So sê...

World Tourism Day

7 ure gelede | Mense

Michael ShagandjwaThe country should establish more unique heritage attractions that reflect our country’s background. Create an interesting image with reservations that are worth viewing and...

WAP wen Bakpro-kompetisie

7 ure gelede | Onderwys

Windhoek Afrikaanse Privaatskool was die wenners van die Bakpro Back-to-School-kompetisie. Die skool het 14 413 broodsakkies ingesamel en was die wenners van rekenaars en projektors...

Unam students appeal against traditional exams

7 ure gelede | Onderwys

ENZO AMUELEStudents at the University of Namibia (Unam) are in a bitter contest against the writing of traditional examinations.The university recently issued a circular about...

Lower grades back at school

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw Grade four, five and six learners were welcomed back at school on last week. The government schools have opted to divide the children...

Star Teacher of the Week

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw This week, the My Zone Star Teacher of the Week is Mrs Veneza Memory Rheeder. She has been a teacher since 2003 and...

Westside High represented on local town council

7 ure gelede | Skole

Jhanré PretoriusA brand new Swakopmund Junior Town Council for the year 2020-2021 was inaugurated in August. Two of the 15 members are from Westside High...

The last race is the hardest race

7 ure gelede | Onderwys

A personal accountJOSEFINA ANKONGA The year started smoothly, back then when everything was still normal. We went to school on a daily basis, we...