Oordeelsdag vir Avid-sewe

Die hoërhof sê die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) is met miljoene bedrieg.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die aanvanklike "winsgewende" N$30 miljoen-belegging van die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) in die berugte Avid Investment Corporation het vinnig buite beheer geraak en soos ’n orkaan “niks behalwe verwoesting” gesaai nie.

Dít is hoe hoërhofregter Christie Liebenberg Vrydag in sy uitspraak die uitgerekte Avid-hofsaak beskryf het waarin hy vyf van die sewe beskuldigdes op verskeie klagte skuldig bevind het.

Die gebeure het gelei tot die afdanking van SSC-amptenare, die dood van mnr. Lazarus Kandara, ‘n geregtelike ondersoek en die vervolging van die sewe beskuldigdes wat oor ‘n tydperk van 13 jaar in die hof verskyn het.

Die saak spruit uit die N$30 miljoen wat die SSC in 2005 in Avid Investments belê het.

Dié belegging, het Liebenberg gesê, is vir die beskuldigdes se persoonlike gewin gekaap.

Die regsgeleerde mnr. Otniel Podewiltz en die voormalige weermagbrigadier, mnr. Mathias Shiweda, is op alle klagte vrygespreek.

Die voormalige parlementslede Paulus Kapia en Ralph Blaauw, sowel as Ines /Gânes is op klagte van bedrog skuldig bevind.

Nico Josea is skuldig bevind op ‘n klag van diefstal deur omsetting.

Josea en Sharon Blaauw is ook skuldig bevind aan roekelose en bedrieglike sakebestuur.

Liebenberg het Vrydag Kapia, /Gânes, asook Ralph en Sharon Blaauw se borgtog van N$10 000 elk verleng.

Hy het Josea egter borgtog geweier en gesê die risiko dat hy sal vlug het ná die vonnis aansienlik toegeneem.

Die voorvonnisverrigtinge gaan op 16 Mei voort.

AGTERGROND

Die SSC het in Januarie 2005 N$30 miljoen in Avid Investment Corporation belê.

N$29,5 miljoen van die belegging het “verdwyn” nadat dit aan Namangol Investments (Pty) Ltd. se trustrekening, wat aan Josea behoort het, oorgedra is.

Op 28 Januarie 2005 het Josea N$20 miljoen in ‘n Suid-Afrikaanse rekening oorgedra, wat in mnr. Allen Rosenberg se naam geregistreer is.

Vyf dae later het hy ‘n verdere N$6,3 miljoen in Dean Africa CC se rekening oorgeplaas.

Dean Africa is ook ‘n Suid-Afrikaanse entiteit waarin verskeie groot bedrae van die trustrekening af oorgedra is.

Namangol het in Februarie 2005 die belegging teruggetrek wat in Rosenberg se rekening gemaak is.

Dit het gelei tot ‘n hofgeding in die Suid-Afrikaanse hoërhof.

Rosenberg is deur die hof beveel om N$30 miljoen aan Namangol oor te betaal - N$10 miljoen méér as wat aanvanklik belê is.

Rosenberg het later N$15 miljoen in die Greyling Orchard Attorney’s se trustrekening betaal, waarvan N$14,5 miljoen in ‘n persoonlike bankrekening van Josea betaal is.

Avid en Namangol is later gelikwideer om van finansiële verliese te herstel en ongeveer N$9 miljoen is verhaal.

AVID-PROFIEL

Regter Liebenberg het in sy uitspraak gesê Avid het misleidende inligting aan die SSC verskaf toe aansoek vir die N$30 miljoen-belegging gedoen is.

Die Avid-besigheidsprofiel het onder meer aangetoon die maatskappy het ‘n beleggingsportefeulje van N$450 miljoen met 10 kliënte binne en buite Namibië.

Dit het ook verklaar die beskuldigdes, met uitsondering van Shiweda, was Avid-raadslede. Mnr. Fritz Jacobs is ook as 'n raadslid aangedui.

Volgens regter Liebenberg het Avid sedert sy ontstaan in 2004 net een belegging van N$10 miljoen gehad, wat deur die Navachab-myn gemaak is.

Die belegging het in Desember 2004 verval.

Aan die begin van 2005 was daar geen beleggings in Avid nie.

Vroeg dieselfde jaar was Podewiltz en Jacobs nie meer direkteure van Avid nie. Ralph Blaauw het in 'n stadium aan die SSC gesê die stigterspresident, dr. Sam Nujoma, was ‘n Avid-direkteur.

Volgens Liebenberg is Avid se uiteindelike suskses in sy aansoek vir ‘n SSC-belegging op 'n misleidende sakeprofiel gebaseer.

DIE ‘KANDARA-FAKTOR’

Vóór die SSC in Avid belê het, wou die SSC nie met Kandara vereenselwig word nie. Kapia het aan die SSC gesê Kandara was nie deel van Avid nie, maar het later toegegee hy was net ‘n beleggingsadviseur van Avid.

Liebenberg sê dit het egter duidelik geword Kandara het as Avid se uitvoerende hoof opgetree.

“Kandara was ‘n sleutelspeler in Avid se bestuur en het die beleggingsooreenkoms met die SSC georkestreer,” het hy gesê.

Josea het later ontken hy het enige geld van die SSC verduister en aangevoer Kandara het nooit aan hom gesê die geld wat in Namangol se rekening oorgeplaas is, was van die SSC-belegging afkomstig nie.

Hy het ook beweer hy het nie geweet die geld is van Avid af oorgedra of gesteel nie. Josea was glo onder die indruk die geld was van Kandara se persoonlike fondse afkomstig.

Volgens Liebenberg is daar geen twyfel dat Kandara van die begin af beplan het om die geld te vat nie en dat hy het met Josea en Rosenberg ‘n skema bewerk het om die SSC vir persoonlike gewin te bedrieg.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%