Oomblik van waarheid vir WB-drome

Binnenshuise hokkie
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die MTC Namibiese vrouehokkiespan sal vanmiddag in die iKhwezi-sportsentrum by die Thomas Moore-kollege vir hul eerste wedstryd teen Bo­tswana in Durban op die baan stap.

Die openingswedstryd van die binnenshuise Afrikabekerreeks vind om 09:00 tussen die gasheerland en Botswana plaas en teen 13:00 durf Namibië vir Botswana aan. Hul tweede kragmeting is sesuur die namiddag teen Suid-Afrika.

Die Namibiese mans se eerste botsing is 10:30 teen Botswana en om 19:30 kom die Proteas by dieselfde venue aan die beurt.

Ná die rondomtalierondes tussen die drie lande, wat elk vier wedstryde oor twee dae teen mekaar speel, sal die eindstryde Sondag tussen die twee topspanne van die mans (16:00) en vroue (14:00) beslis word.

Net die Afrika-kampioen (mans en vroue) kwalifiseer vir die 2022 binnenshuise Wêreldbeker in België.

Afrigter Erwin Handura en sy span van 12 spelers het reeds Sondag na Durban vertrek om hul 2017 Afrikabekertitel teen die Proteas en die ietwat onbekende faktor Bo­tswana te verdedig.

Handura sê een van sy spelers kon weens ek­samenverpligtinge in die Kaap haar eers gister by die span aansluit.

“Ek glo ons is op die regte pad met ons voorbereiding. Duré Boshoff is die enigste speler wat nie saam met die span kon voorberei nie. Sy kom wel (gister) en ons sal van tweeuur tot 15:30 aan die finale taktiese beplanning en korthoeke saam met haar werk.

“Duré was 'n sleutelspeler in 2017 toe ons die Afrika-titel teen Suid-Afrika in Swakopmund gewen het en by die Wêreldbeker in Duitsland was sy opnuut 'n faktor.

“Ek is hoogs tevrede met die werk wat ons tot dusver kon insit. Daar is nog 'n paar videosessies wat deurgewerk moet word om die Proteas se spel te ontleed.

“Ons sal hul aanvals- en verdedigingspatrone ontleed om te sien waar hul sterk- en swakpunte is. Moontlik is daar gapings in hul verdediging wat ons kan benut om munt uit te slaan en teenaanvalle te loods. Dieselfde geld vir hul aanvalle op ons verdediging.

“Dit vat baie ure en werk, maar dis belangrik om jou teenstander se taktiese patrone soos die palm van jou hand te ken. Ewe belangrik is om hul spelers te identifiseer wat nie heeltemal op peil is nie.

“Ons het 'n goeie span en dit is sekerlik een van die beste spanne wat ek nog ooit gekies het. Ek het vyf spelers in die span wat vir die eerste keer op internasionale vlak gaan speel, maar sewe ander is gesoute spelers wat leiding kan gee.

“Ons hou ons koppe hoog en vertrou op die Here dat hy ons weer soos in die verlede kan dra, want op ons eie sal ons dit nooit kan vermag nie.



'DAG VAN WAARHEID'

“Ons oefen sedert 2019 nét vir hierdie geleentheid en die dag van waarheid het nou aangebreek. Ek bedank ons hoofborg MTC, asook Namdia en Standard Bank. Ons dank aan die ouers, die Namibiese Hokkie-unie, die Namibiese Sportkommissie en die ministerie van sport wat ons deurentyd bygestaan het.

Maggy Mengo, die ervare spankaptein vrouespan, sê die vroue is gefokus.

“Ons koppe is reg en die span sien uit na die uitdaging wat op ons wag. Namibië is beslis in die Proteas se visier, want ons het die Afrika-titel by hulle gebuit en ons moet dit nou verdedig.

“Dit gaan nie maklik wees nie, want die gasheerspan speel tuis. Ek glo in die span, want ons het bitter hard vir die kompetisie gewerk. Ons sal nie opgee tot die laaste eindfluitjie geblaas het nie.

“Dit is wat in 2017 gebeur het toe ons die Proteas geklop het. Ons het tot die laaste sekonde aanhou baklei en só die kampioene geword. Dit sal die naweek weer so wees. Die meisies se koppe is reg en alles moet net uitgevoer word waarvoor ons beplan en geoefen het,” het Mengo aan Republikein gesê.

Die span is: Maggy Mengo (kaptein), Sunelle Ludwig (onderkaptein), Petro Stoffberg en Berencia Diamond (doelwagters), Gillian Hermanus, Duré Boshoff, Azaylee Philander, Danja Meyer, Javinka Kruger, Taramarie Myburgh, Kaela Schimming en Caitlin Gillies.

Ondersteuners kan die aksie regstreeks volg by https://linktr.ee/raydermedia, Rayder Media se YouTube-kanaal asook die FIH Watch Hockey toepassing.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.48 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.69/OZ DOWN -0.0042 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 824.40/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 88.04/BBP DOWN -0.0033 | Platinum US$ 910.29/OZ UP +0.04% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.48 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.69/OZ DOWN -0.0042 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 824.40/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 88.04/BBP DOWN -0.0033 | Platinum US$ 910.29/OZ UP +0.04%