Oomblik van waarheid het aangebreek, CR

Dit was ’n strategies goeie skuif van die ANC om, soos met die vorige verkiesings, net die beeld van sy president op sy verkiesingsplakkate te hê.
Philda Essop



Dit is voor die hand liggend dat pres. Cyril Ramaphosa uiteindelik die deurslag gegee het vir die ANC in die pas afgelope algemene verkiesing.

Dit was ’n strategies goeie skuif van die ANC om, soos met die vorige verkiesings, net die beeld van sy president op sy verkiesingsplakkate te hê.

Ramaphosa is ook ingespan om in die party se verkiesingsveldtog elke uithoek van die land te besoek om die steun vir die ANC van wydlopende kiesafdelings te probeer verseker.

Kortom, Ramaphosa boesem vertroue in en die meer as 10 miljoen stemme wat die ANC uiteindelik in die verkiesing ontvang het, getuig van sy gewildheid.

Fikile Mbalula, die ANC se verkiesingshoof, het dié feit by die Verkiesingskommissie se nasionale uitslagsentrum in Pretoria beklemtoon toe hy opgemerk het dat die ANC se steun waarskynlik tot onder 40% sou geval het as Ramaphosa nie in 2017 by Nasrec (waar die party se 54ste nasionale konferensie plaasgevind het) tot president verkies is nie.

STEUN ONDER 60%-MERK

Nie almal stem egter hiermee saam nie. Dít was duidelik toe Ace Magashule, die ANC se omstrede sekretaris-generaal, ook by die uitslagsentrum gesê het Mbalula praat “onsin” en dat die kiesers vir die ANC en nie individue gestem het nie. Mbalula het egter volgehou dat Ramaphosa en sy verkiesing by Nasrec ’n “game changer” vir die ANC was. Ja, dit is só dat die party se steun die eerste keer onder die 60%-merk geval het (tot 57,51%), maar ’n oorwinning is ’n oorwinning, ongeag of daar ’n afname in steun was of nie.

Met die verkiesing agter die rug, begin die werklike harde werk vir Ramaphosa.

’n Volstrekte meerderheid vir enige regerende party – in dié geval die ANC – is belangrik vir die land. ’n Koalisie of samewerkingsooreenkoms op nasionale vlak sou rampspoedig gewees het, want dit sou besluitneming bemoeilik en vooruitgang in die land terug­gehou het – iets was die land kwalik kan bekostig.

AANWYS VAN KABINET

Met Ramaphosa stewig aan die stuur van sake (LP’s sal hom volgende Woensdag amptelik tot staatshoof verkies), wag sy volgende groot besluit – die aanwys van sy kabinet. Sy keuse van die span ministers is van kritieke belang oor die volgende vyf jaar.

Hy móét eenvoudig die regte mense in die regte portefeuljes aanstel. Hy het nou die geleentheid om ontslae te raak van ou hout in die kabinet wat nie doeltreffend funksioneer en geen waarde toevoeg nie.

Die uitdagings is groot: Die land se ekonomie en werkskepping lê soos ’n berg voor Ramaphosa en sy nuwe kabinet; beleggersvertroue het dringend ’n hupstoot nodig; die onderwysstelsel en staatsinstellings moet reggeruk word; en moenie vergeet van die emosionele twispunte soos grondhervorming nie.

Jonger ministers met vars idees om die land vorentoe te neem is wat Suid-Afrika nou nodig het. Die ANC se mantra was nog altyd dat kabinetaanstellings die pre­rogatief van die president is.

Wel, die oomblik van waarheid het aangebreek, Meneer die President: Kies ’n kabinet waarin Suid-Afrikaners vertroue sal hê en wat die probleme van die land daadwerklik sal kan takel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.46 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.46 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%