Ooggetuie vertel van skietnag
Ooggetuie vertel van skietnag

Ooggetuie vertel van skietnag

Die vrou wat by was toe 'n Finse burger twee jaar gelede buite 'n Windhoekse kroeg doodgeskiet is, was Dinsdag in die getuiebank.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Nadat 'n silwergrys Landrover Discovery van agter vasgery het in die motor waarin sy en mnr. Rodney Shaningua was, het Shaningua uitgeklim en op die bewegende motor begin skiet, het me. Fenola Felix gister voor regter Christie Liebenberg in Windhoek se hoërhof getuig.

Felix, wat 'n passasier in Shaningua se wit Polo Volkswagen was die nag van 8 tot 9 Augustus toe hy die 42-jarige Marko Rönni doodgeskiet het, het getuig hoe sy en Shaningua saam buite die kroeg Joker's in die suidelike nywerheidsgebied in Windhoek vir vriende gewag het toe die Land­rover in hulle vasgery het.

Sy het getuig dat Shaningua dadelik uit sy motor geklim het.

Hoewel sy verwag het dat hy na die bestuurder van die Landrover sou gaan om die botsing te bespreek, het sy gesien hoe hy 'n vuurwapen uitpluk en op die stadigbewegende voertuig begin skiet.

Sy het gesê sy het aan die bestuurderskant van die Polo uitgeklim en geskree: “Moenie skiet nie, sit die 'gun' terug.” Sy en Shaningua het daarna teruggeklim in sy motor. “Ons het 'n bietjie gesit – toe ry ons,” het sy getuig.

Felix het verder getuig hoe hulle verby die Landrover gery het wat verder in die straat tot stilstand gekom het, en dat sy die versplinterde ruit aan die bestuurder se kant gesien het met die bestuurder wat oor die stuurwiel lê.

Volgens haar het Shaningua­ gesê: “O, s..., ek het die man doodgeskiet.”

Nadat hulle met ompaaie na Shaningua se huis in Hochlandpark gery het, het hy by hul aankoms na bewering die motor se nommerplate verwyder. Felix het ook getuig dat Shaningua die nommerplate en die pistool uit die motor verwyder het en in 'n wit plastieksak gesit het.

Die volgende oggend het 'n man haar glo gebel en N$7 000 aangebied om nie oor die skietvoorval te praat nie. Sy het getuig dat die man deur die be­skuldigde se broer versoek is om met haar te praat.

Sy het die geld geweier en die saak op Maandagoggend 10 Augustus by die polisie aangemeld.

Shaningua is omtrent twee dae ná die voorval in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Die verhoor duur voort.

Shaningua word deur mnr. Slysken Makando verteenwoordig terwyl adjunk-­aanklaer-generaal Karin Ester­huizen namens die staat optree.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!