Onwettige vangste duur voort

27 December 2018 | Misdaad
Inligting is deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ontvang oor onwettige en ongereguleerde visvangste in Namibiese waters binne die Eksklusiewe Ekonomiese Zone (EEZ) – veral by die Noordelike maritieme grens.

Volgens die ACC is dit meestal Litause, Russiese en Oekraïense skepe wat gesien is waar dit veral snags in Namibiese waters lê.

Volgens die ACC verlaat die vaartuie die gebied met dagbreek en vertrek weer na Angolese waters, terwyl hul onwettige vangste na bewering aan boord verwerk en na Angolese hawens vervoer word, vanwaar hulle sake bedryf.

Die ACC sê sommige vaartuie gaan uit hul pad om hul identiteit te verberg, terwyl hulle Namibiese waters onwettig betree om sodoende nie in die visier van vliegtuie van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne te beland wat die gebied patrolleer nie.

Die verklaring sê bogenoemde aktiwiteite is sedert 2017 waargeneem en duur steeds voort.

“Van die vaartuie vang in vlak water vis, en ‘n vaartuig is onlangs net agter die branderlyn by die mond van die Kunenerivier gewaar. Die betrokke vaartuie het ‘n Angolese vlag gehad.

“Dié onwettige visvang hou ‘n ernstige risiko vir Namibië se visbedryf in. Die toepaslike rolspelers om dit hok te slaan en te takel, sal in die toekoms betrek word.”

Die ACC het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om enige soortgelyke onwettige aktiwiteite deur vaartuie by die ministerie aan te meld.

Soortgelyk

 

'Boere se veglus verdwyn'

4 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

4 ure gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

4 ure gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

4 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...

'Die beste tyd van my lewe'

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd ZandbergDie 22-jarige gebore Namibiër Kyle Farrer verwys na homself as koel en kalm. Jy kan dit aan sy voorkoms sien. Eenvoudig, maar deurdink, ‘n...

Besige jaar vir Windhoek se DBV

4 ure gelede | Omgewing

Mariselle Stofberg- Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek het 3 695 diere gedurende 2018 ingeneem. Altesaam 2 207 honde, 1 434 katte en 54 ander diere...

Vreemde voetspore is dit toe nie

4 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Groot was die opgewondenheid van die boer mnr. Frederick de Koker toe hy in November verlede jaar vreemde "voetspore" in rotsformasies naby...