Onwettige alkohol slurp R6,4 mjd. uit SA se beursie
Onwettige alkohol slurp R6,4 mjd. uit SA se beursie

Onwettige alkohol slurp R6,4 mjd. uit SA se beursie

Luidens die departement van handel en nywerheid is daar twee keer soveel onwettige verkoopspunte vir alkohol as wat daar gelisensieerde punte is.
Elvira Wood - Onwettige alkoholhandel het Suid-Afrika R6,4 miljard in 2017 gekos.

Dit is luidens navorsing wat Euromonitor International oor sluikhandel van alkohol gedoen het in sewe Afrikalande, insluitende Suid-Afrika.

Euromonitor het plaaslike vervaardigers, handelsverenigings en regerings as respondente in hul navorsing gebruik.

Hul peiling wys dat die grootste deel van die fiskale verlies – sowat R2,4 miljard – is weens die sluikhandel van finale produkte, asook etanol wat in die produksie van alkoholiese drank gebruik word.

Nog R2 miljard het verlore gegaan omdat daar nie belasting op dié produkte betaal word nie.

Luidens die studie was die sluikhandelmark in Suid-Afrika sowat 14,5%, of te wel 498 miljoen liter alkohol van die totale hoeveelheid alkohol wat in 2017 verbruik is.

EKONOMIE

Euromonitor sê die Suid-Afrikaanse ekonomie wat onder druk is, is een van die groot redes hoekom sluikhandel in alkohol toeneem.

Daar is ook nie genoegsame wetstoepassing nie. Boonop verhoog belastingbeleid die prys van alkohol wat wettig verhandel word.

Euromonitor sê alkohol wat onwettig verhandel word dis gemiddeld 51% goedkoper as dié wat wel wettig verkoop word.

Dié groot verskil in prys het die aantal onwettige verkoopspunte die hoogte in laat skiet.

Luidens die departement van handel en nywerheid is daar twee keer soveel onwettige verkoopspunte vir alkohol as wat daar gelisensieerde punte is.

Die departement reken net sowat 20% van die sowat 150 000 alkoholhandelaars in Suid-Afrika het aansoek om ’n dranklisensie gedoen.

BELASTING

Euromonitor is nie die enigste instansie wat erken daar is ’n groot probleem met sluikhandel van alkohol nie.

Huidige en voormalige werknemers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het die afgelope maande voor die Nugent-kommissie van ondersoek getuig dat dié en soortgelyke sektore nie behoorlik gereguleer word nie.

Die staat verloor dus miljarde rande in belasting weens sluikhandel.

Buiten vir alkohol is tabak, petrol en tekstiele ook produkte wat onwettig verhandel word.

Pieter Engelbrecht, voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se eenheid vir wetstoepassing, het in Augustus getuig dat die struktuur wat sedert 2014 by die SAID toegepas is, daartoe bygedra het dat belastingontduiking in die onwettige ekonomie nie behoorlik bekamp word nie.

Chris Axelson, direkteur vir persoonlike inkomstebelasting by die SAID het ook in Augustus getuig dat belastinginkomste uit die aksyns op tabakprodukte het in 2017 met 20% of sowat R3 miljard gedaal.

Die tabakinstituut van Suider-Afrika reken Suid-Afrika verloor meer as R7 miljard per jaar weens sluikhandel van tabak.

Mark Kingon, die waarnemende kommissaris van die SAID, het in Oktober voor die kommissie getuig dat hy reeds begin werk maak het om die onwettige handel in tabak, petrol, klere en tekstiele vas te vat.

“Ek het die afgelope week die voorreg gehad om die struktuur goed te keur vir ’n eenheid wat die onwettige ekonomie sal ondersoek.

Die kommissie ondersoek gebeure by die SAID – soos die ontbinding van dié spesifieke eenheid – tydens die ampstermyn van Tom Moyane, die afgedankte kommissaris van die SAID.

“Ons sien uit daarna om weer dié eenheid van die grond af te kry. Ons fokus op onwettige finansiële vloei – en daar is groot bedrae hierby betrokke – by tabak, petrol, klere en tekstiele,” sê Kingon. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!