Ontvoerde peuter gevind
Ontvoerde peuter gevind

Ontvoerde peuter gevind

Die peuter wat kort voor Kersfees glo deur sy ma se vriendin ontvoer is, is gevind.
Jessica Botes
Jessica Botes
Te danke aan die samewerking van familielede is ‘n peuter wat kort voor Kersfees ontvoer is, deur lede van die Namibiese polisie in die noorde van die land gevind.
Volgens hoofinsp. Erastus Iikuyu van die Namibiese polisie in die Erongostreek, het die polisie vir Miguel Ndakula Hinaunye Aluvilu (een jaar en 11 maande oud) Woensdag in ’n dorp naby Outapi opgespoor. ’n Vrou en haar kêrel wat na bewering vir Aluvilu ontvoer het, is onmiddellik in hegtenis geneem en maak vandag (Vrydag) hul eerste verskyning in die landroshof op Swakopmund.
“Dit gaan goed met Aluvilu en hy word vandag met sy ma, Ndahafa Namweya, herenig. Die verdagtes is in aanhouding en staar klagte van ontvoering in die gesig,” het Iikuyu gesê.
Volgens hom sal die verdagtes met hul aankoms op Swakopmund deur lede van die polisie ondervra word om te bepaal of bykomende klagte teen hulle aanhangig gemaak moet word.
Die vrou wat ’n goeie vriendin van Namweya was, het na bewering op 21 Desember vir Aluvilu by sy ma se huis in Mondesa gaan haal.
“Ek was by die kliniek toe sy my kind by my huis gaan haal het. Dit was nie buitengewoon nie. Sy het hom gereeld gaan haal om tyd saam met hom te spandeer,” het Namweya gesê.
Sy het glo vir die vrou toestemming gegee om die peuter te vat sodat hulle saam pizza in die dorp kon gaan eet. Die verdagte het egter nooit weer vir Aluvilu na sy ma se huis terug gevat nie en toe Namweya haar probeer bel het, het sy nie haar telefoon geantwoord nie.
Namweya het onmiddellik ’n saak van ontvoering teen Nangula by die polisie aanhangig gemaak. Sy het ook die boodskap oor haar kind wat vermis is op sosiale media en Facebook versprei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!