Ontvoerde Nigeriese meisies tussen 11 en 19 j.

02 March 2018 | Internasionaal
Die Nigeriese regering het die name van die 110 vermiste meisies bekend gemaak wat verlede week by ’n skool in Dapchi ontvoer is.

CNN berig dat vegvliegtuie en helikopters ontplooi is om na die meisies te soek.

Daar is ’n sterk vermoede dat Boko Haram, ’n Islamitiese militantegroep, die Government Girls Science and Technical College aangeval het.

News24 berig die Nigeriese regering het Dinsdag ook bevestig dat hy ’n komitee saamgestel het om vas te stel hoe Boko Haram dit reggekry het om 110 meisies van die skool te ontvoer.

Luidens die lys name wat deur owerhede bekend gemaak is, is die vermiste meisies tussen die ouderdom van 11 en 19 jaar oud.

Die skool is 275 kilometer van Chibok, waar Boko Haram in 2014 byna 300 meisies by ’n skool ontvoer het. - Netwerk24

Soortgelyk

 

‘Burger in rou’ bepleit genesing

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Ronelle Rademeyer - ‘n Optog vind vanaand (Dinsdag) vanaf die Goethe Instituut se kultuursentrum na die Alte Feste-museum plaas waar ‘n gedramatiseerde visuele uitbeelding van...

Windhoek se waterverbruik bly té hoog

10 ure gelede | Omgewing

Windhoekers het die afgelope week 7% méér water gebruik as wat toelaatbaar tydens droogtetye is en kon weereens nie die vereiste teiken van 10% besparings...

Brexit: Uitstel bied uitvoerders blaaskans

20 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Die moontlike negatiewe impak wat ‘n haakplek in die onderhandelinge vir ‘n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje op uitvoerders kon hê, is deur...

Erindi: Chinese het nié aanbod gemaak

20 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Die eienaars van die Erindi Private Wildreservaat het nie ‘n koopaanbod van enige Chinese burgers ontvang nie. Mnr. Sisa Namandje, Erindi se...

Geen laatregistrasie vir nasionale eksamens

20 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Geen laatregistrasie sal ná spertye gedoen word vir deeltydse studente vir die Junior Sekondêre Sertifikaat (graad 10) of voltydse sowel as deeltydse...

Leeujagters geskiet

20 ure gelede | Omgewing

Ileni Nandjato – Die Namibiese polisie in die Oshanastreek het ‘n saak van poging tot moord geopen ná me. Amalia Sheya (51), ‘n werknemer van...

Weer vir 26 Maart

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Suide en die Zambezistreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie...

Kriminalisering van aborsie 'werk nie'

20 ure gelede | Regering

Henriette LamprechtDie hoë siekte- en sterftesyfer verwant aan onveilige, onwettige aborsies bewys die kriminalisering van aborsie keer onwettige aborsies nie werklik nie.“Hoewel dit wyd erken...

N$210 miljoen vir registrasiepersoneel

20 ure gelede | Regering

Denver KistingMnr. Theo Mujoro, die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se uitvoerende hoof, sê die N$67 miljoen wat aan hulle toegeken is, is nie voldoende om...