Ontsouting vir kus u2019n moet, tu00e9 duur vir die res
Ontsouting vir kus u2019n moet, tu00e9 duur vir die res

Ontsouting vir kus ’n moet, té duur vir die res

Ontsoute seewater vir Windhoek en Gaborone sal die laaste opsie wees, solank ander bronne goedkoper bekom kan word, sê waterkenners.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Die verskaffing van ontsoute seewater vir sentrale kusgebiede sal sowat N$35 per kubieke meter kos, maar dit mag onbekostigbaar wees om dié water so ver as in Windhoek of Gaborone te voorsien.

Op ’n nuuskonferensie ná afloop van ’n slypskool oor die haalbaarheid van ’n ontsoutingsaanleg vir Namibië, het mnr. Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, gesê ontsouting bly die enigste langtermyn-oplossing vir kusgebiede.

Hierteenoor kan dit egter tot $132 per m³ kos om die water aan Windhoek of so ver as Gaborone te voorsien.

“As ’n mens in ag neem dat ander konvensionele, langtermyn waterbronne vir Windhoek en Gaborone oorweeg kan word om met die groeiende aanvraag na water in dié plekke te help, sal die opsie van ontsouting slegs oorweeg word indien dit goedkoper as hierdie ander bronne is, hoewel die bron ook ver geleë mag wees,” het Nehemia gesê.

Hy het verduidelik ’n haalbaarheidsverslag is in konsepvorm tydens die slypskool voorgelê, wat die tegniese en finansiële aspekte van so ’n ontwikkeling vervat.

Die haalbaarheidstudie is reeds in Februarie 2019 van stapel gestuur met ILF Consulting Engineers, tesame met die plaaslike Lund Consulting Engineers, wat hiervoor aangestel is. Weens die Covid-19-pandemie is die studie met sowat ’n jaar vertraag, maar Nehemia sê dit is nou bykans voltooi.

NUWE AANLEG

Kenners meen dit sal meer kostedoeltreffend wees om ’n nuwe ontsoutingsaanleg te bou wat van NamWater se bestaande water-infrastruktuur gebruik maak, as om die bestaande Orano-aanleg oor te koop en op te gradeer.

Boonop is dit meer lewensvatbaar om só ’n skema van elektrisiteit te voorsien deur van beide konvensionele kragbronne asook sonkrag gebruik te maak.

“ILF Consulting Engineers stel ’n gefaseerde ontsoutingsaanlegskema voor, wat jaarliks altesaam 36,2 miljoen kubieke meter (Mm³) ontsoute seewater aan die sentrale kusgebied kan voorsien,” het Nehemia gesê en bygevoeg dat die totale ontwikkelingskoste hiervan sowat US$230,5 miljoen sal beloop.

Die eerste fase, wat ’n skema behels wat reeds jaarliks 20 Mm³ water sal kan lewer, sal US$165 miljoen (sowat N$2,5 miljard) kos.

“Die eerste fase sal sowat US$165 miljoen kos (N$2,5 miljard) om sowat 20 Mm³ water per jaar uit die ontsoutingskema te voorsien,” het hy verduidelik.

Nehemia sê die konsultante stel voor die regering maak van ’n openbare-private vennootskap (PPP) vir die skema gebruik, maar volgens hom sal die regering dié voorstelle bespreek en met alle betrokke partye konsulteer, voordat dit sy eie besluit sal maak.

Nehemia sê wat die kus betref, bestaan géén ander konvensionele langtermynbronne om te oorweeg nie. Die regering sal egter ook oorweeg om ’n langtermyn-ooreenkoms vir waterverskaffing met Orano te sluit om kusgebiede in die tussentyd van water te voorsien.

Oor Windhoek het hy gesê dié haalbaarheidstudie moet nog vergelyk word met ’n vorige, wat gehandel het oor die verkryging van water vanaf die Okavango-rivier.

“Die Okavango-studie moet egter weer op datum gebring word in terme van die aanvraag na water asook infrastruktuur, wat buite die bestek van die huidige konsultante geval het. Die vergelyking tussen die twee opsies moet dus nog afgehandel word,” het hy gesê.

’n Derde opsie vir Windhoek sal boonop voorsien word, naamlik om die hoofstad se waterstelsels met Suide-damme te verbind.

Ná afloop van die slypskool sal die konsultante insette vanaf verskeie rolspelers inkorporeer om hul finale tegniese voorstelle, asook die finansiële model van die projek aan die regering voor te lê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!