Ontsnaptes weer agter tralies
Johannes Nuseb (19), een van drie verhoorafwagtende verdagtes wat Saterdag uit die aanhoudingselle op Hentiesbaai ontsnap het, is gisteraand in Swakopmund in hegtenis geneem. Nuseb word van verkragting aangekla. Ricky Goagoseb (32) wat in Maart uit die tronk op Karibib ontsnap het terwyl hy die hofsaal verlaat het, is in Windhoek weer in hegtenis geneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie