Ontmoet 'n Buchter in murg en been

'n Inwoner van Lüde­ritz het die eerste boottoere na die brilpikkewyne begin.
Tanja Bause
Tanja Bause – “My ma het 'n groot invloed op my lewe gehad. Alles wat ek nou doen, is as gevolg van my ma. Ek dink sy sou trots op my gewees het en oor alles wat ek tot dusver opgebou en vermag het,” sê me. Marion Schelkle, 'n Buchter in hart en siel.

Marion is op Lüderitz gebore en het op dié kusdorp skoolgegaan tot sy 16 jaar oud was.

“Ek onthou ons skooluitstappies na Sturmvogelbucht. Ons moes van Lüderitz soontoe stap. Ons het dan een nag in die ou huise oornag wat in 1912 deur die Noor­weërs gebou is. Ons was opgedeel in 'n slaapsaal vir meisies en een vir seuns, maar die onderwysers het nie geweet van die houtvloerplanke was los en dat die kinders deurgeglip en saam gekuier het nie.

“Sondae het die skoolvragmotor, 'n ou Bedford van die Tweede Wêreldoorlog, ons weer kom haal en huis toe gevat.

“My ma het my na 'n Engelse kloosterskool in die Kaap gestuur sodat ek Engels kan leer en sy het gehoop dat ek uiteindelik 'n jong dame sou word.”

Ses maande nadat Marion weg is Suid-Afrika toe, is haar ma egter oorlede en Marion wou nie weer teruggaan nie.

“My pa was baie streng en ek moes my skoolloopbaan voltooi. Ek is vandag dankbaar dat ek skool klaargemaak het.

“Dit was 'n eliteskool met kinders van diplomate van oraloor die wêreld en ek was aan baie ver­skillende tale blootgestel. Dit is iets wat ek vandag nog gebruik wanneer ek toeriste rondry. Al kan ek nie die taal praat nie, verstaan ek tog wat hulle sê en onthou selfs hier en daar 'n woord of twee.”

Sy het direk ná skool 'n sekretaresse-kursus voltooi.

“Ek wou 'n tikster word, maar het tog opgegee en huis toe gekom.”

Terug op Lüderitz het sy verloof geraak en getrou. Haar man het 'n werk by 'n maatskappy in Pretoria gekry en die egpaar het daarheen verhuis. Vanweë sy werk het hy baie rondgereis en sy het haar liefde vir teater en pottebakkery met aandklasse uitgeleef.

“Ons het uitmekaar gegroei en geskei.”

Sy het haar tweede man ontmoet en haar seun is in 1976 gebore. Dit was ook die jaar toe die Soweto-studente in Suid-Afrika in opstand gekom het en die egpaar het besluit om terug Lüderitz toe te trek.

“Ek wou huis toe gaan en my seun daar grootmaak.”

Haar man was afkomstig van die Bodensee-omgewing in Duitsland waar toerisme destyds al baie suksesvol was. Hy het dadelik Lüderitz se toerisme-potensiaal raakgesien.



BEGINDAE

Hulle was die eerste mense wat in die vroeë tagtigerjare met boottoere na die Halifax-eilande begin het.

“Ons het met 'n egte vissersboot begin. Ek het die vorige nag by al die kampeerplekke omgegaan en van tent tot tent geloop om kaartjies vir die boottoere te verkoop. Die mense het dan die volgende oggend by die kaai aangemeld en ons het vertrek. Dit was harde werk, maar op die manier het die toere begin.

“Die eienaar van die boot het met sy boot na Suid-Afrika gegaan en ons het die agente van 'n seilboot geword wat toe die toere aangebied het.”

Die egpaar was in die toerismebedryf betrokke en het ook 'n elektriese toebehore-besigheid besit.

“Een van ons was altyd in die winkel, terwyl die ander een die toere behartig het. Die volgende dag het ons omgeruil.”

Nadat haar man terug Duitsland toe is, het Marion die winkel verkoop en 'n winkel van haar drome geopen.

“Ek het 'n aandenkingswinkel met 'n klein inligtingsentrum oopgemaak. Ons gee tot vandag toe nog gratis kaarte van die skiereiland uit. Dit is nou al 22 jaar wat ek Lüderitz Safaris & Tours besit.”

In 2001 was daar 'n toermaatskappy van Engeland wat vir hul toeriste 'n opsionele drie dae aan die einde van hul toere gebied het. Dit was om na Chobe in Botswana, na die Victoria-watervalle in Zimbabwe of na die Visrivier-canyon te gaan. Marion het die Visrivier-toer gekry.

“Dit het meegebring dat ek in een jaar 13 keer by die Visrivier was. Wat beteken dat ek die seisoenale verandering van die landskap, die fauna en flora gesien het en kon fotografeer. Elke keer het die omgewing verander en ek het dit baie geniet. Dit was absoluut my hoogtepunt en baie besonders.”



KOMIEKLIKE STAALTJIES

Marion is oortuig sy kan toeriste baie bied, nie net omdat sy self in Lüderitz gebore is nie, maar omdat haar pa die vierde seun was wat in Lüderitz geregistreer is.

“Die geboortes van dogtertjies het in daardie jare nie getel nie, dus was my pa dalk nie die vierde kind nie maar die vierde geregistreerde kind. Meisiekinders is nie geregistreer nie.”

Sy vertel nou nog die stories en staaltjies aan mense wat haar ouers haar vertel het.

“Lüderitz is 'n baie klein dorpie en almal ken almal of iets van almal. Dus het ek gedink om 'n toer deur die begraafplaas aan te bied. Ek weet wie was 'n onderwyser, die liewe oupa op die hoek of die kwaai tannie. Ek kan sê die man hier het 'n verhouding met daai vrou daar in die hoek gehad. Ek dink dit kan nogal komies wees.”

Volgens Marion was en is haar grootste inspirasie in haar lewe haar ma, Hanna.

“Hoewel sy baie vroeg dood is, het sy baie vir Lüderitz gedoen. Sy was die stigter van 'Pro Lüderitz, alles vir Lüderitz'. Sy het toe al probeer om mense van die binneland na die dorp te lok. Amper soos wat ons nou met 'Local is lekker, maar Lüderitz is Lekkerder' probeer doen. Sy het oral in die dorp rusbanke opgesit sodat mense die natuur en die dorp kon bewonder.

“Dit was vir haar belangrik dat die dorp 'n Duitse kindergarten gehad het en sy het basaars en kostuumfeeste gereël om die kinder­garten te ondersteun en om die kultuur vir die kinders te leer. Dit is maar net 'n paar van die dinge wat sy vir die dorp gedoen het. Ek probeer haar voorbeeld volg.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93%