• Tuisblad
  • Afrika
  • 'Onteiening sonder vergoeding sal nie in 100 jaar gebeur'
'Onteiening sonder vergoeding sal nie in 100 jaar gebeur'
'Onteiening sonder vergoeding sal nie in 100 jaar gebeur'

'Onteiening sonder vergoeding sal nie in 100 jaar gebeur'

Agri SA sê hy verwelkom oudpres. Kgalema Motlanthe se uitlating dat grondonteiening sonder vergoeding nooit 'n werklikheid sal word nie.

“Dit sal nie in 'n honderd jaar gebeur nie, dit kan ek julle verseker,” het die oudpresident volgens 'n berig van die SAUK verlede Vrydag op 'n eiendomsberaad in Sandton, Johannesburg, gesê.

Motlanthe was baie krities oor die parlement se reaksie op sy en 'n hoë­vlakpaneel se aanbevelings oor hoe grondhervorming moet geskied.

Een van die paneel se aanbevelings was dat dit nie nodig is om artikel 25 van die Grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie. Die paneel sê die Grondwet maak reeds voorsiening vir onteiening sonder vergoeding.

Motlanthe sê parlementslede “het in hul wysheid besluit artikel 25 is nie duidelik genoeg nie”.

Daarom wil hulle die Grondwet wysig om dit baie duidelik te maak daar sal onteiening sonder vergoeding wees.

Hy het ook gesê hy is seker daarvan die parlementslede het nie die hoë­vlakpaneel se verslag, wat al in 2017 uitgereik is, gelees nie.

Hy het volgens Moneyweb ook gesê die politieke leiers wat by die proses betrokke is, mors hul tyd.

“Hulle (die parlementslede) het werksessies gehou en voorgegee hulle luister na die mense, maar ek kan u verseker teen April volgende jaar sal hulle terugkom en sê dit (die verandering van die Grondwet) is nie 'n goeie idee nie. Hulle sal 'n ompad vind.”

Die oudpresident en sy paneel het in hul verslag bevestig die probleme met grondhervorming lê hoofsaaklik by die staat.

Hulle het daarop gewys dat korrupsie, onbevoegde amptenare, die gebrek aan oordrag van eiendomsreg en die bevoordeling van regerings­lede die grootste probleme is.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!