Onteiening raak almal in waardeketting

06 March 2018 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Die huidige debat oor landbougrond is nie nuut nie, maar juis nou baie nodig.

In 2006 het 'n aantal ­Namibiërs die eerste van 'n reeks briewe ontvang waarin die regering dié grond­eienaars ingelig het van 'n proses om hulle grond te onteien. Dit het skokgolwe deur die mark gestuur en die voorgestelde oplossings was uiteraard wydlopend.

Onder bekwame leierskap binne landbougeledere is daar besluit op 'n proses om die stryd te wen en nie net te fokus op die sukses van die gevegte vir dié boere wat eerste ­geteiken is nie.

Besadigde besinning oor 'n kwessie waarvoor min indien enige van die huidige geslag produsente/boere aanspreeklik gehou kan word, het nie net nugterheid gebring nie, maar boere kon aangaan met hul sake en daar was kos op die tafel.

Die deurlopende herwaardering van die belangrikheid van volhoubaarheid op plaasvlak, het met die tyd meer en meer kleurblind geraak. Die Nasionale Ontwikkelingsplan gee gevolg aan 'n bewese afskeep in die vorm van landbou wat in die verlede aan die agterspeen moes suip.



EKONOMIESE GROEI

Nou is landbou se taak as voorkeurkatalisator om broodnodige ekonomiese groei te bewerkstellig. Geen regering wat ernstig hieroor voel, kan onstabiliteit in die landbou­sektor bekostig nie.

Die kwessie van onteiening met of sonder vergoeding moet dus teen daardie agtergrond 'n faktor word vir verrekening in beleggings­besluite. Die geleentheid is nou daar om die olifant in die kamer te takel en op 'n pad vorentoe te besluit.

Daarvoor is die nodige grondwetlike stutte daar, maar ook met ­voldoende ruimte om grondwetlik vernuwend te dink oor 'n kwessie wat dalk onnodig negatief in die kalklig gestel is.

Namibië se lang beloofde grondberaad kom nie van die grond af nie, want die gaping tussen die ideaal en wat die werklikheid dikteer, blyk onoorkombaar te wees. Daar word nog gewerk aan die bou van 'n brug.

Intussen verdien boere die krediet wat hulle toekom en wel tot die mate waartoe hulle verbintenis tot volhoubare voedselsekerheid, ten beste gedemonstreer word deur dalende kosinflasie vir die armstes van die armes.



INFLASIE

Volgens die nasionale bemarkingsraad se Voedselprysmonitor van Februarie 2018, het hooflyninflasie en voedse­linflasie die afgelope tyd gedaal. Van groter betekenis is die deflasie van 8,9% vir die jaar tot Januarie 2018, wat die koste vir die vyf gewildste items laat daal het tot R5,83.

Hierdie tendens moet saamgelees word met die feit dat die 2018 mielieoes, ­alhoewel beduidend laer as 2017 se rekordoes, steeds groot genoeg gaan wees om 'n beduidende surplus te laat.

Plaasvlakpryse sal nog verminder, want markte is globaal oorvoer.

Ten spyte daarvan bly daar kos op die tafel, bly boere prysnemers en gaan hulle gelukkig aan met hul boerderye.

Lees hierdie kernwaarheid saam met die enorme bydrae van die landbou tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) maak, dan rus daar 'n geweldige verantwoordelikheid op die skouers van diegene aan wie besinning oor grondwetwysiging vir 'n meer aanvaarbare grondbedeling toevertrou word. Populistiese verdagmakery en uitsprake sal by die venster uitvlieg wanneer ware leierskap plek kry in die hersiening daarvan.

Die riglyn is om nié landbou te ontwrig sodat die reeds bewese bydrae tot voedselsekerheid verwater terwyl daar terselfdertyd ook 'n duidelike behoefte is aan duidelikheid terw wille van hernude beleggingsvertroue is nie.

Hopelik sal die proses nou lei tot méér as strategiese belyning – herkalibrering is wat nou nodig is vir versnelde groei deur landbou se bydrae behoorlik te kan benut.

Geen speler in die landbouwaardeketting kan losgemaak word van dié herbesinning nie.

Daar is interafhanklikhede wat 'n holistiese uitkoms afdwing, want kos op die tafel begin inderdaad vóór die plaashek.

Soortgelyk

 

Vier mans vas oor onwettige wapens

8 ure gelede | Misdaad

Vier mans is die naweek by 'n padblokkade by Otjiwarongo met onwettige vuurwapens en ammunisie in 'n voertuig vasgetrek. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag...

Rehoboth se kapteinskantoor toe

20 ure gelede | Plaaslik

Mnr. John McNab, kaptein van die Rehoboth Baster Gemeente, sê hy het mnr. Martin Dentlinger se bedanking aanvaar. Daarmee is die voorlopige opvolger van die...

Shifeta: Houtkappery is onwettig

20 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Nie ‘n enkele omgewingsklaringsertifikaat is ooit uitgereik vir die afkap van en kommersiële handel in hout nie. Dit beteken die grootskaalse...

Afwagting groot vir Mars-landing

20 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Knap voor tienuur Namibiese tyd vanaand land die ruimteman dr. Japie van Zyl en sy span se InSight-verkenningstuig ná ’n reis van...

Staal van Otavi binnekort ’n werklikheid

20 ure gelede | Byvoegsels

Die lank verwagte staalaanleg op Otavi het vandeesmaand ’n stap nader aan die werklikheid gekom toe Nedbank onderneem het om die N$2,7 miljard-projek te finansier.Die...

Telecom: Jooste vererg oor Klein-skorsing

20 ure gelede | Plaaslik

Yanna Smit Volgens berigte Vrydag op sosiale media is die uit­voerende hoof van Telecom Namibia, mnr. Theo Klein, geskors ná 'n ondersoek na 'n oënskynlik...

WEER VIR 26 NOVEMBER

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde tot verspreide­ donderbuie op plekke, die verre Suide en Suidweste uitgesluit.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Wildsfees kry nuwe baadjie

20 ure gelede | Byvoegsels

Groot veranderinge word vir volgende jaar se bekende Outjo Wildsfees beplan. Nuwe lewe word in die fees geblaas deur 'n benadering, vroeë beplanning en topkunstenaars....

Dippenaar-saak: Getuie dreig glo ander

20 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – ’n Getuie in die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar het Donderdag 'n saak van aanranding deur dreigement by die Swakop-polisiekantoor aangegee, met...