Ontdek Wes-Afrika met Air Namibia

Seekos aan Ghana se eksotiese Goudkus is volop met kreef en garnale op al wat ’n spyskaart is.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg in Apam, Ghana - Met Air Namibia se direkte vlugte na Wes-Afrika is dit nou makliker, vinniger en geriefliker om na 'n eksotiese vakansiebestemming weg te breek.

Ghana se Goudkus is só ’n eksotiese bestemming.

Blue Diamond Beach Spa-oord, by Apam, aan die Goudkus, is 'n stukkie paradys wat tussen lang palmbome versteek is.

Die oord is stil en rustig met net die geluid van branders wat breek, palmbome wat wuif en voëls wat sing.

Gewilde strandoorde naby Accra is volop, maar die meeste is veral naweke ’n miernes van bedrywighede.

By Blue Diamond geniet sielerus en privaatheid voorkeur – en dít in ’n idilliese omgewing.

Die oord se chalets is op die strand. ’n Hangmat waai lui in die welkome seebries, terwyl vissersbote op die see dobber.

Indonesiese masseuses bied Balinese of Thai-masserings in die oord se spa aan.

Daar is ook 'n swembad, jacuzzi, sauna en gimnasium. Die strand is silwerskoon en nie met rommel besaai soos ander strande naby Accra nie.

Seekos aan Ghana se Goudkus is volop met kreef en garnale op al wat ’n spyskaart is.

Moet ook nie huiwer om Wes-Afrika se tradisionele disse soos geurige jollof-rys te probeer nie.

Blue Diamond is sowat 78 km wes van Accra op die George W. Bush-hoofweg op die pad na Takoradi geleë.

Op die besige N1-hoofweg neem dit sowat ’n uur en 40 minute om tot by Apam te ry.

By Blue Diamond sê hulle elke korreltjie sand is soos 'n droom wat waar word.

Apam is ook naby die geskiedkundige Elmina- en Goudkus-kasteel waar slawehandel in Wes-Afrika sy oorsprong het het.

Bespreek jou kaartjie op die Air Namibia-vlug wat via Lagos in Nigerië na die Ghanese hoofstad, Accra, vlieg en wees binne ses ure in Wes-Afrika.

Air Namibia vlieg Maandae, Woensdae, Vrydae en Sondae via Lagos na Accra en op dieselfde dae terug.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!