Ontdek interessanthede op Grootfontein

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
INTERESSANTE ontdekkings wag op besoekers wat die spoor wil vat van Grootfontein se geskiedenis.
Een hiervan is die ou myndorp Abenab - ruïnes wat reeds onbewoon is vir meer as dertig jaar en mens onwillekeurig uitlok om dit die Kolmanskop van die noorde te noem. Dit is egter nie dieselfde blink klippers naby Luderitz wat geld na hierdie geweste gebring het nie...
Grootfontein self het in 1996 honderd jaar oud geword, wat beteken dat dit \'n kontrei is met \'n ryk verlede. Die ou Duitse fort wat die dorpsmuseum huisves is \'n logiese beginpunt vir enige historiese speurtog.
Vanuit die groter wagtoring het mens ondanks die grootte van die dorp steeds \'n indrukwekkende uitsig oor die omgewing. In vervloë dae sou soldate aan alle kante tot ver op die gesigseinder kon sien. Hoewel hier self nooit geveg is nie, was die fort \'n toevlugsoord vir vroue en kinders in tye van onrus en oorlog.
Die reuse oranje en swart stoomroller buite die museum verskaf die aansporing om in die mynverlede van die omgewing te gaan delf. Dié monster is in die reëntyd gebruik om die paaie te herstel waarlangs ossewaens erts moes aanry vanaf Abenab en Berg Aukas. Beide myne het \'n groot rol gespeel in Grootfontein se ontwikkeling.
Abenab, waarskynlik minder bekend as Berg Aukas, was op sy dag die grootste venadiummyn in die wêreld. Die grootste kristalle van hierdie mineraal wat nog ooit gevind is, kom dus uit plaaslike bodem.
Frank Haythornwaite skryf in 1956 die boek All the way to Abenab. Hy was \'n Anglikaanse priester wie se gemeente 416 myl van Walvisbaai in die weste tot in Grootfontein gestrek het.
Die skrywer vertel dat Abenab se rykdom in der waarheid per ongeluk ontdek is. Ene Heinz Fredericks het saam met \'n Boesmangids eland gaan jag op die mynmaatskappy Swaco se plaas toe hy op \'n kristal afkom. Hy sterf egter kort daarna aan swartwaterkoors.
Wanneer sy broer op dieselfde plaas saam met die einste gids gaan jag, wys die Boesman hom die kristalle. Soos die cliché lei, is die res geskiedenis...
Abenab het in 1924 operasioneel geraak, met die voltooing van \'n smeltaanleg op Tsumeb. Die oorspronlike oop myn is sowat 100 meter diep en met water gevul. Leertjies en toureëlings wys waar delwers vroeër teen die styl wande van die gat afgeklouter het.
Later is die 300 meter-diep Malcom-skag na die weste gesink. \'n Derde ontwikkeling het daarna op Okarundu gevolg.
Nuwe neerslae het die myn se leeftyd met byna \'n dekade verleng. Ondanks sy aanvanklike sluiting in 1948 is produksie eers in 1959 finaal gestaak. Op sy hoogtepunt het winste blykbaar tot tien miljoen pond per maand beloop.
Pater Haythornwaite vertel ook dat die dorp beskik het oor \'n groot kroeg en bioskoop. Omdat hierdie sosiale klub alle vermaak aangebied het, het dit verseker dat die gemeenskap hulself uiters goed gedra. \'n Oortreding soos om \'n vuisgeveg te begin of vuil taal te gebruik, het tot summiere skorsing gelei.
In 1956 het Abenab ongeveer 1 300 inwoners gehad.
Mense het reeds daaraan gedink om dié \"spookdorp\" as \'n toerismebestemming te ontwikkel.
Mnr. Jerry Mbwale, die huidige eienaar van die plaas Abenab, sê dat hy wel oorweging gegee het aan dié idee. Hy het egter in dieselfde asem beklemtoon dat mens \"bronne\" nodig het om drome te verwesenlik.
Haythornwaite sê dat die bos minimaal versteur is met die oprigting van huise. Hierdie feit spreek vandag duidelik uit die wyse waarop die planteryk reeds weer sy wortels om huise ingeslaan het.
Abenab is saam met die ou Tsumebmyn en Berg Aukas oorweeg as noodwaterbronne. Na beraming sal die myn vyf miljoen kubieke meter lafenis per jaar kan lewer. \'n Kosprys van N$113 miljoen sou dié projek \'n derde goedkoper gewees het as die Okavango-pyplyn.
Die Grootfontein-omgewing se natuurlike inwoners was die San en Damara. Hulle het die plek Gei-ous genoem, letterlik \"groot fontein.\"
Herero\'s en Ovambo\'s het later in die gebied inbeweeg. Die Herero noem Grootfontein Otjiwanda Tjongue, \"heuwel van die luiperd,\" wat steeds algemeen gebruik word as \'n alternatiewe pleknaam vir die dorp.
Die eerste Europese inwoners was jagters, ontdekkingsreisigers en prospekteerders. Grootfontein is ook die plek waar die Dorslandtrekkers die Republiek van Upingtonia uitgeroep het en was die hoofkwartier van die South West Africa Company (Swaco), voorganger van die TCL-korporasie.
By die dorpsmuseum kan mens die eerste kaart van die noorde van die land besigtig, asook uitgebreide uitstallings oor inheemse groepe, byvoorbeeld die Himba.
Grootfontein het in 1947 munisipale status verwerf en boerdery is die dorp se belangrikste voedingsbron naas die digbygeleë militêre basis.
Let wel: Abenab is privaateiendom en dus nié vrylik toeganklik vir die publiek nie.

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...