Ontbyt vir tronkbewaarders

Augetto Graig
Windhoek se Emmanuel-kerk het verlede week 'n ontbytgeleentheid vir lede van die Namibiese gevangenisdiens gehou.

Volgens pastoor Daniel Steyn is dit 'n jaarlikse geleentheid en het dit dié jaar weer eens baie suksesvol afgeloop.

Sowat 260 bewaarders is liggaamlik en geestelik by Windhoek se sentrale gevangenis gevoed.

“Ons waardeer die bewaarders vir hul moeilike taak en wil hulle graag laat weet dat dit nie ongesiens verbygaan nie,” het Steyn gesê.

Een voordeel van dié instelling is dat die kerk die tronk gereeld kan besoek en ook spanbougeleenthede kan reël.

Nog ’n spanbougeleentheid is reeds vir 8 en 9 Augustus vanjaar by die Arebbusch-lodge in die hoofstad beplan, het Steyn gesê.

Sowat 50 lede van die gevangenisdiens sal dié geleentheid bywoon, terwyl nog 100 lede teen die einde van Augustus soortgelyke spanbou-aktiwiteite sal geniet, en ’n verdere 100 in September.

“Dit is maar 'n klein gebaar van vriendelikheid, maar dit maak 'n verskil. Dit bou hulle moraal en ons kan die verandering in hul lewens sien,” het Steyn gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!