Ontbossingstoerusting in aksie
Boere, SME’s en entrepreneurs het byeengekom om ontbossingstoerusting te demonstreer sodat Namibië se verbossingsprobleem in ‘n geleentheid omskep kan word.
Elvira Hattingh - Die Namibia Biomass Industry Group (N-BiG) het op 20 Oktober die eerste demonstrasiedag vir openbare en sleutelrolspelers in die biomassa-bedryf op Otjiwarongo by die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) aangebied.
Meer as 33 soorte tegnologie, asook toerusting is deur 29 uitstallers gedemonstreer.
Dit het ingesluit hoe om bosse in bosvoer en vuurmaakhout te omskep, hoe om houtskaafsels en saamgeperste vuurmaakhout te maak, hoe om bosse met die hand te oes, die semi-gemeganiseerde oes van indringerbosse asook hoe om bos op ‘n ten volle gemeganiseerde wyse te oes.
Daar is ook gewys hoe hommeltuie vir dié doeleindes ingespan kan word.
Die dag is in vennootskap met die Ontbossingsadviesdiens (DAS) en die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) georganiseer en is deur meer as 400 mense bygewoon, wat produsente, kommunale en kommersiële boere, lede van die publiek en entrepreneurs ingesluit het.
Namibië ervaar ernstige uitdagings as dit by bosindringing kom, met ‘n geraamde 45 miljoen ha wat hierdeur geraak word.
“Die doel van die byeenkoms was om bande tussen rolspelers te verbeter, wat insluit dié wat toegang tot biomassa het, entrepreneurs wat gepaste dienste en tegnologieë aanbied – plaaslik en in buurlande,” het mnr. Progress Kashandula, algemene bestuurder van DAS, tydens sy verwelkomingstoespraak gesê.
Die dag het ook as platform gedien vir jong plaaslike academici om hul navorsingsprojekte op verbossing ten toon te stel – wat ingesluit het dat ‘n hidroliese snymasjien ten toon gestel is wat spesifiek ontwerp is om Namibiese indringerbosse te sny.
Dié demonstrasiedag sal voorts na verwagting ‘n gereelde item op die jaarkalender raak. Mnr. Willem Groenewald, ‘n NCA-lid met meer as 20 jaar se ervaring in ontbossing, het gesê die dag bied meer geleenthede sodat dié bedryf beter georganiseerd kan raak.
“Ek sien die waardekettings wat die meeste belofte vir ontwikkeling toon, is dié vir houtskoolproduksie en die produksie van bosvoer,” het hy gesê.
N-BiG se algehele bestuurder, mnr. Colin Lindeque, het tydens die geleentheid gesê een waarheid in Namibië is dat sien glo is.
“Baie boere sien brosjures en video’s, maar hulle glo dit nie tot hulle iets in aksie sien nie. Dit is waaroor hierdie geleentheid gaan – om boere, SME’s en entrepreneurs bymekaar te bring sodat ons ontslae kan raak van brosjures en verkoopspraatjies en die toerusting self kan sien werk,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie