Onsekerheid hang oor Windhoek
Onsekerheid hang oor Windhoek

Onsekerheid hang oor Windhoek

Die toekoms van die hoofstad se uitvoerende hoof bly steeds in die weegskaal.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) vergader vandeesweek om te besluit oor die pad vorentoe betreffende tugstappe teen sy baas, mnr. Robert Kahimise.

Dít kom nadat CoW teen gister steeds nie geweet het wat om met pres. Hage Geingob se raad in dié verband aan hulle te maak nie.

Intussen bly Kahimise se toekoms duister met hernude pogings om hom in die pad te steek.

Dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het gister beklemtoon sy rol is net om ’n skorsing, wat die raad aanbeveel, goed of af te keur.

Boonop het niks verander sedert sy goedkeuring van Kahimise se skorsing verlede jaar nie.

Al wat die hoërhof onlangs bevind het, is dat die liggaam, wat Kahimise laat verlede jaar vir die tweede keer in ’n kort tydperk geskors het, nie reg saamgestel is nie.

Sodra dít uitgesorteer word en daar geen “nuwe kwessies” ter sprake kom nie, kan die stadsraad van sy bestaande goedkeuring gebruik maak om opnuut van Kahimise ontslae te raak, sê Mushelenga.

Op ’n vraag of Geingob se bevel nie tot “nuwe kwessies” aanleiding gegee het nie, het Mushelenga Republikein aanbeveel om by die staatshoof te hoor wat sy opdrag beteken.

Kragtens dié aanbeveling moes CoW alle tugstappe teen sy uitvoerende hoof dadelik laat vaar.

Daarnaas het Geingob die stadsraad beveel om mnr. Abraham Kanime, die geskorste stadspolisiehoof, weer aan te stel.

Ofskoon Kahimise reeds sedert die begin van verlede week terug in die tuig is, hang die dissiplinêre swaard steeds oor sy kop.

Kanime se heraanstelling is ook steeds nie bekragtig nie.

Trouens, CoW het laat verlede week stukke by die Windhoekse hoërhof geliasseer, waarvolgens hy sê daar is steeds gronde om Kahimise opnuut in die pad te steek.

Mnr. Ignatius Semba, raadslid van die Popular Democratic Movement (PDM), het by navraag bevestig hulle vergader dié week oor die kwessie.

Semba was een van drie opposisieraadslede wat verlede jaar beweer het die ondersoek teen Kahimise is die gevolg van ’n stamgebonde heksejag.

In ’n onderhoud met NBC-TV die afgelope naweek het Geingob opnuut probeer verduidelik oor wat presies hy laat verlede week by Staatshuis gesê het.

Volgens hom is diegene, soos die grondwetkenner prof. Nico Horn, verkeerd, wat aanvoer sy uitlatings het die skeiding van magte tussen die regeringsorgane verontagsaam.

Geingob sê voorts indien daar ’n bestaande regsgeding is, moet daardie proses sy loop neem.

“As die mense hof toe gesleep is, sal ek verkeerd wees om te sê stop die proses.”

Maar, maan hy, dit is onaanvaarbaar dat die “stad brand” en die hoof van die stadspolisie word vir ’n lang tydperk met volle salaris geskors.

Volgens hom ly dienslewering onder dié binnegevegte.

“Ons gaan aan asof dit ’n grap is. Dis ’n grap en mense ly.”

Dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, het verlede Woensdagmiddag reeds namens Geingob gereageer.

Hy het nie gister op vrae oor wat die impak van die staatshoof se uitlatings en opvolguitsprake is, gereageer nie.

Kahimise, Kanime en hul regsverteenwoordigers het almal gister soos die graf geswyg.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58%