Ons Taal: Wye wortels
Ons Taal: Wye wortels

Ons Taal: Wye wortels

Petronella Genis
Nou ja, ek is terug in die Land van die Dapperes en die ysbere het my amper nét so gretig terugverwelkom as wat my familie het. Lyk my hierdie koue is hier om te bly, nie soos party ander jare waarvan mense grappenderwys sê “verlede jaar was ons winter op 'n Donderdag” nie.

Ek en Herman het die Somerskool in Duitsland terdeë geniet. Wat 'n groot lekkerte om te kon sien hoe ons klas binne 'n paar dae die basiese strukture van ons geliefde taal baasraak. Ons vaartbelynde relatief jong taal is immers heelwat meer gebruikersvriendelik as die ouer Germaanse tale wat aansienlik meer gekompliseerd is. Maar dit beteken natuurlik nie dat ons taal 'n sommerso taaltjie is nie. En dis altyd interessant om te sien dat dit wat vir een groep studente geen probleem is nie, dalk juis vir 'n ander groep bietjie moeilik is. In hierdie groep was die ­struikelblok ons stemlose “s” wat hulle so graag as die stemhebbende “z” wou uitspreek. Daarom het ons toe saam met Sannie die groep laat sewe sakke sout sleep, tot hulle gesien het dis tog beter om nie te “zien” nie.

Ons het wel somer gehad in ons swaeltjienoorde, maar ons het tog gesels oor sneeu, of soos ons dit ook ken, oor kapok. En daar ken slegs een van die studente dié woord – juis 'n student wat ook Maleis bestudeer! Ja, ons wonderlike taal se wortels lê lekker wyd.



Petronella F Genis

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!