Ons Taal: Woordspore
Die vakansie is om die draai en ek skop eersdaags my kampusskoene uit om kaalvoet op die strand te gaan stap. Maar ek sal nie net leeglê nie, hoor. Ek skuif darem ook vir 'n slag weer so 'n bietjie agter die mikrofoon in tydens Kanaal 7 se kusuitsendings van 16 Desember tot 4 Januarie. Elke oggend, Maandag tot Vrydag, om 9:20 kuier ons vir 'n paar minute saam oor ons wonderlike taal!
Ons gaan gesels oor woorde waaroor 'n mens wonder, omdat hulle verwarrend is en daarom ook verkeerd gebruik word, byvoorbeeld getal, syfer en nommer of vervelig, vervelend en verveeld. Wie weet wanneer watter woord werklik werk? Ek moes al 'n hele paar keer 'n giggel sluk as 'n kind vir sy ma sê hy is vervelig, want wat hy eintlik bedoel, is dat hy verveeld is, maar daar is min dinge so vervelend soos 'n kind wat alewig verveeld is.
Weet jy dalk van nog sulke woorde wat verkeerd gebruik word, of wonder jy dalk oor 'n paar? Laat my weet, dan sny ek graag hul spoor en werp die lig op die ware konteks waarin hulle hoort. Maar ons gaan ook gesels oor woorde waaraan 'n mens jou kan verwonder. In ons huis vra ons mekaar soms uit die bloute: “Wat is vandag jou gunsteling Afrikaanse woord?”
Partykeer is dit 'n woord wat jy ná 'n lang tyd skielik weer raakgeloop het, soos kranig, of soms is dit 'n woord wat sommer net lekker sê, soos blaps! Kanaal 7 se luisteraars en Republikein se lesers kan ook lekker saamgesels, want ek wil graag van almal se woorde in ons skatkis gooi. Kom kuier by my op my Facebook-blad “Woordspoor”. En lees elke Vrydag in Ons Taal oor die keur van die week se woorde!
Petronella F Genis
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]
Facebook: Woordspoor

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie