Ons Taal: Woordeloos

15 March 2019 | Menings
Hallo Ma,

Vandag is ek woordeloos. Elke keer as Ma my skryfsels lees, skud Ma seker net kop. (Begrip?) Want Ma weet en ek nie. Daarom al die gewonder. Ma, hoe kommunikeer gestorwe wesens met mekaar en met hul geliefdes wat op die aarde soos miere rondhol? Soms dink ek ek hoor Ma, maar dan was dit al die tyd reën op die sinkdak of die wind wat hom opruk.

Omdat ek vandag nie woorde het nie, is ek bly dat ’n lyf sonder woorde kan praat. As ek dink aan al die boodskappe wat jy met jou arms alleen kan deurgee. “Ek is g*tvol” wys hande in die sye en arms wyd uitgevlerk, en sy sinoniem “ek is óp”, die hande in ‘n moedelose gebaar slap langs die sye, die kop effe skuins, en ’n onvergenoegde trek om jou bek. “Pasop vir jou!” word uitgesê deur daardie einste arms steeds in die sye geplant, die voorlyf, skouers en kop effe na vore geleun, die kake en lippe styf op mekaar geklem en die oë stip en dreigend.

Ja, daardie oë – verraaiers met hul groot bekke! En die wenkbroue moet jy nie weggooi nie. Soms kan twee mense met mekaar oor ‘n derde in hul midde kommunikeer sonder om ‘n woord te sê. Ek onthou hoe Boeta en Nana, toe ons kinders was, na mekaar gekyk het as ek vir hulle iets gevra het – iets wat in húlle oë simpel was. Hulle sou na mekaar kyk (bó-oor my), die een wenkbrou erg opgetrek en die ander ene af sodat die oog byna toe is, en gelyktydig hulle koppe skud. En dan het ek geweet dat ek baie jonger is as hulle, ja, die jongste.

Soos ek nou hier sit, Ma, is my gesig ontspanne en my oë nikssiende. En die boodskap: ek verlang na Ma en na Pa en na Nana en na iemande wat ek waarskynlik nie eers ken nie. Vandag kan ek nie praat nie, Ma.

Dr. Chrisna Beuke-Muir

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Soortgelyk

 

Oshakati council relocating residents to Onawa

14 ure gelede | Infrastruktuur

OSHAKATI – Residents of the Eemwandi informal settlement at Oshakati will be relocated to Onawa as from 01 May this year.The Oshakati Town Council is...

Geen grond vir buitelanders, sê AR

14 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – As die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) hul sin kry, sal geen grond voortaan in ’n buitelander se besit wees nie.Trouens, sê die AR,...

ECN staan bakhand vir nog N$300 m

14 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) sê hy benodig bykomend meer as N$300 miljoen vir vanjaar se Nasionale Vergadering- en presidensiële verkiesing.Mnr. Theo...

Hartediefies haak af

14 ure gelede | In beeld

Die unieke paar, me. Juanita van Vuuren (28) en mnr. Gert Muller (37), wat Namibiërs se harte met hul mooi liefdesverhaal gesteel het, het Saterdag...

Weer vir 25 Maart 2018

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie oor die Noordweste, sentrale hoogland en suidoostelike gebiede.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Erken die volksmood, sê Duitse Linkse Party

14 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - 'n Lid van die Duitse Bundestag se Linkse Party, me. Helin Evrim Sommer, sê die Duitse volksmoord teen die Ovaherero’s en Namas...

Rössing-pensioenfonds wil begunstigdes betaal

14 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig - Die Rössing-pensioenfonds het die spertyd vir oudwerknemers van die uraanmyn tot 30 Junie vanjaar verleng om aansoek vir ’n deel van surplusuitbetalings...

Gesondheidsminister oor uitdagings

14 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Dr. Kalumbi Shangula is sedert Desember verlede jaar die minister aan die stuur van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS). In ‘n onderhoud...

NAC: N$9 m om hoës te dissiplineer

14 ure gelede | Arbeid

Ogone Tlhage - Haar dissiplinêre verhoor was partydig, sê me. Toska Sem, hoof van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se kommersiële dienste.Dit het ook aan die...