Ons Taal: Onmiddellik

12 July 2019 | Menings
Ek onderbreek my reeks oor die benaming van militêre range om op kollega dr. Chrisna Beuke-Muir se bydrae van verlede week te reageer.

As ons van die wiskundestudent kan verwag om meer te kan demonstreer as 1+1=2, en van die kunsstudent om meer te kan doen as om 'n stokmannetjie te teken, kan ons dan nie van die taalstudent verwag om iets meer as die tuisregister te bemeester nie?

Ék moes toe ek 'n taalstudent was, en ek doen dit steeds daagliks. Sou ek nie wou of kon nie, moes ek dalk iets anders as 'n taal geneem het en 'n ander beroepsrigting as die taalonderwys of -praktyk gekies het. Dit beteken hoegenaamd nie dat my of enigiemand anders se tuisregister verkeerd of ondergeskik is nie.

Ek erken: Wát presies Namibiese Standaardafrikaans is (ás so iets inderdaad bestaan), is 'n relevante (en moeilike) vraag. Maar om aan die hand van 'n enkele eenvoudige voorbeeld te wil suggereer dat die normatiewe taalkunde iets outokraties en selfs korrup is, klink darem 'n bietjie onbillik.

Kom ek verduidelik waarom die spelling van Ndl. onmiddellijk (en dus Afr. “onmiddellik”) met twee l'e korrek is: Dié woord is 'n afleiding met on-, wat “nie” beteken, plus middellijk (< middel- + -lijk), wat “indirek, onregstreeks, deur 'n middel” beteken (opgeteken 1863-1872).

Die woord “onmiddellik” beteken dus letterlik “sonder middel,” met ander woorde, “direk, regstreeks; dadelik”.

Dié spelling is korrek, nie omdat die een of ander selfaangestelde despoot so besluit het nie, maar omdat dit is hoe die taalsisteem werk.



Prof. Herman Beyer

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Soortgelyk

 

Duisende registreer vir e-taks

44 minute gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

44 minute gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

44 minute gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

44 minute gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

44 minute gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Unam werp lig op kragonderbreking

44 minute gelede | Onderwys

Denver Kisting – Die Universiteit van Namibië (Unam) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Johannes Haufiku, ontken die instelling se kragtoevoer is weens...

Miljarde nodig vir watersekuriteit

44 minute gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie plaaslike watersektor moet in die volgende vyf jaar 'n begrotingsgaping van sowat N$11,7 miljard oorbrug om enkele mikpunte vir waterverskaffing en sanitasiediente te...

Kersfees en kuns in Julie

44 minute gelede | Kuns en vermaak

As jy lus is vir feestelikheid in Julie, maak gerus ’n draai by die Omba-galery in Talstraat waar die ’Ikhoba Textiles Farm Project sy 17de...

Mrs J maak ’n Windhoekse draai

44 minute gelede | Kuns en vermaak

Binnekort besoek die bekende Theresa Sedras, beter bekend as Mrs J van Suidooster, die land van die dapperes. Gospel Care Ministry bied in Augustus ’n...