Ons Taal: Nasie-pret
Hallo Ma,
Word daar onderskeid getref tussen verskillende nasionaliteite daar waar Ma nou bly? Dit behoort tog so te wees, want hoekom sou ‘n mens in ‘n plek soos die hemel ‘n neutrale ding wil wees as jy ‘n Afrikaanse vrou (of ‘n Deense of ‘n wat ookal vrou), met ander woorde iémand – met ‘n identiteit - kan wees?
In my soeke na Nederlandse idiome het ek opnuut besef hoe verskillende nasionaliteite, elk met sy eie prysenswaardigheidjie of skandaligheidjie, taal aanvul. As iemand onsin praat, komt het verhaal uit de Chinese kerk, en as daar nog geheimsinnigheid rondom die onsin heers, is alles gehul in een warboel van Egyptische duisternis. Is jy ‘n hardekop? Dan zit je met een Friese kop op, en solank jy geduldig is, is die saak reg, want Gent en Brugge zijn niet op één dag gebouwd!
Maar Ma, die Engelse, ai die Engelse: Vang jy op kantoor agter jou toe deur gou-gou ‘n slapie, schrijft je een Engelse brief. As jy ‘n aksie loods met iemand aan die stuur wat nie juis die ding kan doen nie, stuur je een kat naar Engeland, en ze zegt miauw als ze weer terugkomt. Maar die Iere vat die koek, want ‘n mens kan zo wild als een Ier zijn! Die Duitsers en die Pole is blykbaar totaal uiteenlopend, want die Nederlanders sê dat iemand iets met Duitse grondigheid doet, maar als er een Poolse toestand heerst, is dit chaos.
En die Franse? Als je een Franse eed doet, dan kan daar nie juis vir die waarheid daarvan ingestaan word nie, en als je over Rome naar Parijs gaat, gaan jy omslagtig te werk. Maar die beste ene is als de Franse kerk open staat, jou gulp nie behoorlik toe is nie!
Askies, Ma!
En baai, my Afrikaanse-Moeder-Ma.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie