Ons Taal: Militêr (vervolg)

14 June 2019 | Menings
Ons gaan voort met die name van range in die leër. Volgende aan die beurt is “adjudantoffisier”.

Soos die meeste rangname tot dusver, is die woord “adjudant” deel van Afrikaans se Romaanse DNS.

Sy oorsprong is Latyn, in die vorm adiutare (help, bevorder) en adiutare (help, steun), vanwaar die betekenis “hulpkannonier” in Frans ontwikkel het, in die vorm adjundan en adjudant (vroegste optekening in 1671).

Teen 1776 dra die woord ook die betekenis van “toegevoegde offisier, onderoffisier”.

Verder die verlede in word dit moeilik om die woord na te spoor. Letterlik gesproke is ’n adjudantoffisier dus ’n soort hulpoffisier.

Ons sien hierdie betekenis ook wanneer gepraat word van ’n generaal se adjudant, hoewel sodanige adjudant dan ’n ander rang – byvoorbeeld majoor – het; dan is “adjudant” nie ’n rang nie, maar ’n funksie.

Tegnies gesproke is die naam “adjudantoffisier” in Afrikaans ’n toutologiese vorm, oftewel ’n geval van woordstapeling, want “adjudant” dra reeds die betekenis “offisier”; dus: “adjudantoffisier” = “onderoffisier-offisier”.

Terwyl ons nou by die woord “offisier” vassteek, kom ons onderbreek ons bevordering in die leër en kyk gou na dié woord se herkoms.

Frans is hier ook die brontaal vir Nederlands, met die woord officier wat die betekenis “amptenaar” dra (vroegste optekening in 1324).

In Nederlands was die militêre betekenis teen 1782 in gebruik. ’n Offisier is dus ’n militêre amptenaar. Die woord “offisieel” het dieselfde herkoms.

Prof. Herman Beyer

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

13 ure gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

15 ure gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

1 dag gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

1 dag gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

1 dag gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...