Ons Taal: Jong slaai
Hallo Ma
Ek was die naweek op die Stellenbosch, die dorp van my en Ma se alma mater. My studente het 'n literêre vertaalwerkwinkel bygewoon. Die gedig wat hulle moes vertaal (getiteld “Hematoom”– nie maklik nie, hoor!), moes hulle uiteraard eers interpreteer voordat die woordeboeke nadergesleep is en met die vertaling begin kon word. Die digter, Charlotte van den Broeck, was self daar en het die drie verskillende interpretasies met sjarme aangehoor.
Ma, maar waaróór moet literatuur nou eintlik gaan? Moet dit die daaglikse uitbeeld, met ander woorde realisties en anekdoties wees? Of moet die gedig outonoom van aard wees, en oor taal, vorm en die poësie self gaan? My studente vind eersgenoemde tipe poësie makliker, maar soms is so 'n anekdotiese gedig vir hulle net té eenvoudig - dié alledaagse beeld wat net so kardoems voor hulle neergeplak word.
Die Nederlandse digter Rutger Kopland se “Jonge sla” is so 'n gedig . (Ja, Ma is reg, “sla” is die Nederlands vir ons “slaai”). Op die oog af lyk verdere interpretasie oorbodig – wat daar staan, staan in jou oog.
Hy skryf: “Alles kan ik verdragen/ het verdorren van de bonen, /stervende bloemen, / het hoekje aardappelen kan ik met droge ogen zien rooien, / daar ben ik werkelijk hard in“. Mamma, maar dan kom die Maar: “Maar jonge sla in september / net geplant, / slap nog / in vochtige bedjes, NEE.”
Ja Ma, teen die verganklikheid moet mens soms “werkelijk hard” wees, en met 'n vaste stem sê: “tot ons mekaar weer sien”. Maar as iets so kwesbaar soos jong slaai vergaan, dan moet jy huil.
Baai my Slaaiblaar-vanne-Ma
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie