Ons Taal: Hond se voet

11 October 2019 | Menings
Ek glo ek is nou oor die hond se rug met my meestersgraad. Sjuut, moenie vra ná hoeveel jaar nie! Hiervandaan is dit afdraand. En ek voel die tyd vlieg soos wanneer ons kleintyd met ons BMX’e by die afdraand afgeja het en niks kon hoor behalwe die wind in ons ore nie. Gepraat van wind en ore. Daar is min goed wat ons Otto-hond meer vreugde gee as ’n oop karvenster en flappende ore in die wind.

“Gee die hond wind!” het Worsie Visser mos gesing. Nou ja, ek het probeer opsoek wat dié idioom beteken, maar dr. HAT en prof. Google kon nie vir my sê nie. So, toe gaan soek ek dit in die liedjie se lirieke. En ek is ook ’n Matie, ja! En ’n Kovsie! Toe verstaan ek baie goed. Dis daai vryheid om jou vlerke (of ore) te sprei op Pa en Ma se rekening.

Maar soms kan ’n ouer mos net een frasetjie sê, dan weet jy onmiddellik jy beter in jou spoor trap. Dit laat my nou dink aan die storietjie van my kleinnig Marie wat (soos alle kleintjies) soms haar skoene verkeerdom aangetrek het. Dan het Oom Alex glo net gesê “hond se voet” en dadelik het sy besef sy trap haar spore verkeerd.

Nou ja, aan al die matrieks wat deesdae tussen stapels boeke vasgekluister is, byt vas soos net ’n varkhond kan!

Met genade van Bo en wind van agter lê geluk en vryheid net om die draai.

Petronella F Genis

[email protected]

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

12 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

23 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

23 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

23 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

23 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

23 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...