Ons Taal: Algehele onthouer
Ons Taal: Algehele onthouer

Ons Taal: Algehele onthouer

Petronella Genis
Deesdae se kinders leer nou nie meer soos ons uit die “groen bybel” soos ons destyds die Afrikaans my Taal genoem het nie, met die gevolg dat ons soms woorde gebruik wat vir hulle skoon vreemd klink. Maar met hulle logiese vermoeë om betekenis af te lei, skeel niks nie!

Een van die grootmense het gepraat van ‘n geheelonthouer. Die volgende dag in die kar op pad skool toe, vra Christo: “Mamma, is ‘n geheelonthouer iemand wat nooit iets vergeet nie?”

Ek het lekker gegiggel, want hy het hoogs waarskynlik besluit ek kan dan nie een wees nie, want ai, ek vergeet nogal gereeld iets by die huis of in die kantoor. Genadiglik vergeef ‘n mens ook makliker as jy maklik vergeet.

Maar natuurlik het ek nie vergeet om vir hom te verduidelik ‘n geheelonthouer is iemand wat geen alkohol gebruik nie.

Twee dae later, toe ek dié storietjie vir my broer vertel, sê sy Arina: “O, ek verstaan hoekom hulle geheelonthouers genoem word, dis omdat hulle alles van die partytjie kan onthou.”

Dis die tienerperspektief! Wys jou net, ons gebruik elkeen ons eie verwysingsraamwerk om betekenis te ontsluit.

Geniet die langnaweek, liewe lesers! Mag ons in hierdie spesiale tyd die vreugde en seën in ons kosbare Namibië in die geheel vier.

Petronella F. Genis

[email protected]

Vakgroep Afrikaans

Unam

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!