Ons Taal
Ons Taal

Ons Taal

Petronella Genis
Ek het laas keer gegroet met die wyse woorde uit Sutherland se kontrei: Liewer aldag wat as een dag sat, wat ons noop om spaarsamig om te gaan met dit wat ons het. Dit bly ewe waar, of dit nou verwys na die blok kaas in die yskas, die salaris in die bankrekening, of iets soos ‘n groot voorraad sjokolade waaraan jy jou letterlik sat kan eet. Ken jy die woord voorradig? Dis ‘n byvoeglike naamwoord wat aandui dat iets in voorraad oftewel beskikbaar is. Die voorbeeld wat die HAT vir ons gee, is: Twintig gros oefeningboeke voorradig hê. Nou sny ek die spoor tot by die woord gros. Die HAT bied ons twee betekenisse. Die eerste dui op die verwagte groot aantal of meerderheid, maar dis die tweede betekenis wat my gedagtes gevange hou. Gros is blykbaar ook die kort vorm van douzaine grosse, of groot dosyn. Nou kyk, ek het al die jare geglo ‘n dosyn is 12. So, wat vir ‘n ding is ‘n groot dosyn dan? Ek het omtrent probeer google-loer om op ‘n antwoord vir my vraag te kom en selfs in ‘n Noorweegse etimologiese woordeboek se sop beland, maar helaas sit ek met my hande in my hare. Ek vra dus bakhand: Is daar enige leser wat my kan help om te weet of ‘n groot dosyn koeksisters ‘n groep mense vinniger gaan soet of sat maak as ‘n gewone dosyn koeksisters?

Petronella F Genis

[email protected]

Vakgroep Afrikaans

Die Universiteit van Namibië

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!