Ons sukkel, sê Avihe se sussie

Bykans een jaar verloop

05 August 2019 | Misdaad
Denver Kisting



Hul gesin – veral sy en haar ma – kry baie swaar.

Augustus is beslis nie vir hulle 'n maklike maand nie.

Só het me. Jessica Kaimu die afgelope Vrydag hul hernude hartseer beskryf oor die herdenking van haar negejarige sussie se verdwyning en grudood.

Die erg vernielde lykie van Avihe Cheryl Ujaha, wat 'n leerling aan Laer­skool Gammams was, is twee dae nadat sy van haar ouerhuis in Katutura verdwyn het deur 'n lid van die publiek in 'n rivierloop in die hoofstad ontdek.

Tot vandag toe is haar ontvoerder(s) en moor­denaar(s) nie aangekeer nie. Van haar liggaamsdele is ook steeds soek.

Kaimu was die laaste lid van haar gesin wat Avihe op 26 Augustus lewend gesien het.

Die gesin het twee weke later emosioneel van haar afskeid geneem.

Dié voorval het die land tot in sy fondamente geskud.

Adj.komm. Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, het Vrydag bevestig die polisieondersoek kon nog niks oplewer nie.

Volgens hom geld 'n beloning van N$110 000 steeds vir enigeen wat met inligting vorendag kom wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die geweldenaars kan lei.

Die polisie het nog nie moed opgegee nie, sê Agas. “Ons werk nog hard aan die saak en volg leidrade en alle inligting op.”

Die Kaimu-gesin was ook Saterdag by die Heal our land-konsert in Windhoek wat ten doel gehad het om bewusmaking te kweek van veral die ellende van geslagsgegronde geweld.

Die voorsitter van die reëlingskomitee, me. Ndi­­limeke Nambinga, sê musiek is 'n ­kragtige medium waarby die meeste mense aanklank vind.

Dít is waarom hulle op 'n musiekkonsert besluit het om die land te help genees.

[email protected]

Soortgelyk

 

Chasing your dream

9 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

9 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

9 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

9 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

9 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

9 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

9 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...