'Ons soek weiding, nié internasionale markte'
Noordelike kommunale boere meen die regering moet eerder help deur meer weiding aan hulle beskikbaar te stel en toegang tot plaaslike markte te gee.
Ileni Nandjato - Kommunale boere in noordwestelike gebiede sê hulle steun nié die oprigting van ‘n grensdraad tussen Namibië en Angola ten einde die veterinêre kordonheining (Rooilyn) te verwyder nie.
Hul grootste behoefte is nié die uitvoer van beesvleis na internasionale markte nie, maar eerder meer weiding binne kommunale gebiede.
Kommunale boere meen sodra ‘n grensdraad na Angola opgerig word, sal hulle met nóg minder weiding moet klaarkom, terwyl die plase suid van die Rooilyn ook toegespan is.
Na raming wei meer as 30 000 Namibiese beeste in Angola. Verder word geskat dat sowat 2 800 Namibiërs óf eie huise in Angola besit óf in kommunale gebiede in dié land boer, terwyl ander die grens elke oggend vir weiding met hul vee oorsteek en saans weer terugkeer.
Na raming bevind meer as die helfte van Namibië se 3,8 miljoen beeste hulle in noordelike kommunale gebiede.
Die vleis van hierdie vee word nie na die Europese Unie (EU) uitgevoer nie, aangesien die kommunale gebiede beskou word as hoërisikogebiede vir dieresiektes soos longsiekte en bek-en-klouseer.
In ‘n onlangse studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) vir dieregesondheid is bevind dat die oprigting van ‘n grensdraad van ongeveer 240 km tussen Namibië en Angola, asook die wegdoen van die Rooilyn die lewensvatbaarste opsie vir die toekoms van Namibië se veebedryf is.
Die Namibiese Nasionale Unie vir Kommunale Boere (NNFU) se president, mnr. Jackson Emvula, sê die meeste kommunale boere is afhanklik van Angola vir weiding en dat daar nie genoeg kos vir al die diere in Namibië se noordelike kommunale gebiede is nie.
“Wat eerste gedoen moet word, is om inentingsveldtogte in Angola af te dwing in die gebiede waar Namibiese boere hul beeste laat wei.
“Daar is nie genoeg weiding in Namibië nie en dit is waarom mense daarna in Angola gaan soek. Die NNFU is nie werklik ‘n kampvegter vir ‘n internasionale mark vir beesvleis uit noordelike kommunale gebiede nie, maar wel vir die tuisgroei-strategie,” het Emvula gesê.
Hy het gesê plaaslike boere moet deur die sakegemeenskap ondersteun word, eerder as om internasionale markte te soek.
“As ‘n leier van die boereunie vra ek nie vir ‘n eksterne mark nie, maar vir ‘n interne mark. Al die besighede wat binne die kommunale gebiede werksaam is, moet oop wees vir vleisprodukte wat binne die gebiede geproduseer word.
“Nou bring hulle vleis van die suide van die Rooilyn af in, ondanks ons eie produkte. Sodra ons vleis toegang tot plaaslike markte kry, het ons ‘n afsetpunt vir ons produksie,” het hy gesê.
Mnr. Nghidinihamba Urias Ndilula, senior raadslid van die Oukwanyama- tradisionele owerheid, stem saam daarmee dat boere in noordelike kommunale gebiede weiding en nie vleisuitvoere nie, die nodigste het.
Hy het bygevoeg die verwydering van die Rooilyn sal nie tot hul voordeel strek nie en dat boere langs die grens – van Ruacana tot by die Kavango – vrye toegang tot Angola se gras het en nie kan bekostig om dit te verloor nie.
“Al word die veterinêre kordonheining verwyder, sal dit ons nie bevoordeel nie. Al die plase buite die kommunale gebiede is toegespan, en wie gaan ons beeste toelaat om op hul plase te wei? Dit is beter om ‘n oop grens te hê,” het Ndilula gesê.
Hy het bygevoeg die verwydering van die Rooilyn sal slegs voordelig wees as die regering instem om die grootte van kommersiële plase aan te pas sodat daar plek vir kommunale boere is.
Hy sê daar is baie kommersiële boere wat nie hul plase ten volle benut nie, en as hulle dit met kommunale boere kan deel, sal dit goed wees en daartoe bydra dat die grens met Angola toegemaak kan word.
“Die regering kan die onbenutte kommersiële plase identifiseer en dit aan kommunale boere vir beweiding toeken,” het hy gesê.
Die voorsitter van die Mangetti Boerevereniging, mnr. Ismael Shailemo, het gesê gegewe die huidige gebeure by Ondonga raak weiding in die Mangetti-gebied ook ‘n uitdaging, omdat mense grond begin gryp het en huise begin bou het, terwyl dié gebied vir boerderye op klein skaal geoormerk is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie