'Ons sal lughawe se beeld, integriteit red'

Alles gaan in die stryd gewerp word om van Hosea Kutako 'n beter internasionale lughawe te maak.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die nuwe voorsitter van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se direksie, dr. Leake Hangala, is vasbeslote om “die beeld en integriteit” van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te red.

Hy het gister by navraag gesê hoewel hy nog sy voete vind deur met alle belanghebbendes betrokke by die bestuur van die land se lughawens, asook die lugvaartbedryf en die reguleerders van burgerlugvaart te vergader, is daar 'n “gretigheid” onder almal om die dreigende krisis af te weer.

Namibiese lughawens gaan vanaf 18 tot 28 November deur die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) aan 'n sekuriteitsoudit onderwerp word.

Hangala sê strukturele veranderings word tans by die lughawe aangebring om die skanderings- en immigrasie­ruimte te vergroot waardeur vertrekkende passasiers beweeg voordat hulle in die vertreksaal kom.

Dit het die ontruiming van die belastingvryewinkel en die sitkamer vir besigheidsklaspassasiers genoodsaak.

Hangala sê nuwe skanderings­masjiene is geïnstalleer en daar word saans gewerk om die veranderinge betyds klaar te hê.

“Die nasie verwag van ons om die probleme by Hosea Kutako te takel. Ons ekonomie hang daarvan af. Dié lughawe is die eerste indrukke wat toeriste van ons land het.

“Ek wil die publiek en toeriste verseker dat ons (NAC) as 'n maatskappy ons bes gaan probeer om daarvan 'n beter lughawe te maak,” het Hangala aan Republikein gesê.

Hy is verlede week deur mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, aangestel op aanbeveling van mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE's).

Laasgenoemde het op 20 September aan Mutorwa geskryf nadat die vorige voorsitter, mnr. Rogers Kauta, op 14 Augustus bedank het. Hangala is deur hom aanbeveel aangesien hy 'n sakeleier met bewese prestasies in leier­skap en korporatiewe bestuur is. “Die NAC bevind hom in 'n tyd van beduidende nood waartydens die gehalte van leierskap uiters belangrik gaan wees om die maatskappy te stabiliseer en verdere kommersiële en operasionele agteruitgang te stop,” was sy woorde aan Mutorwa.

Jooste het ook aanbeveel dat adv. Irene Visser as bykomende lid op die direksie aangestel word vanweë haar regskennis omdat Kauta se bedanking 'n leemte in dié verband geskep het.

'n Storm het egter losgebars toe hy me. Beverly Gawanas-Vugs, die adjunk­voorsitter wat ná Kauta se bedanking aan die stuur was, met die nuwe aanstellings uit haar pos verwyder het.

Gawanas-Vugs se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, het haar heraanstelling Vrydag in 'n brief geëis, en Maandag 'n dringende aansoek vir 'n hersiening van Mutorwa se besluit by die hoërhof ingedien.

Dinsdagmiddag het Mutorwa, wat ná 'n operasie tans in die hospitaal aansterk, aangekondig dat sy as 'n gewone direksielid heraangestel word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!