Ons moet dit nóú al doen

05 February 2019 | Rubrieke
Die afgelope naweek het ek een van die voorste lodges in ons land besoek.

Ek weet al ‘n geruime tyd van hierdie gewilde toeristeaantreklikheid, en was een maal vinnig daar, maar dié naweek kon ek die geleentheid kry om twee aande daar oor te slaap en onder die plek se vel in te klim.

Hoewel dit soos ‘n luukse wegbreek klink, was dit immers nié so nie – of ten minste vir die grootste deel van die besoek nie.

Jy sien, wanneer ‘n joernalis ‘n geleentheid of iets bywoon, moet ons voortdurend in ag neem dat ons eintlik werk.

Ja, natuurlik drink ons skemerkelkies en eet prentjiemooi kos, maar wanneer die ander gaste onder die lugverkoeler en komberse lê, skakel ons ons skootrekenaars aan en skryf die stories wat julle lees.

Hierdie rubriek gaan eintlik nie oor die bogenoemde nie. Dit gaan oor my reis, die fisieke trip lodge toe.

Min of meer 420 km noord van Windhoek is waarheen ek op pad is. Vrydagoggend is my tas en kamerabattery gelaai, my sonhoed lê op die passasiersitplek en my opwinding is groot.

Teen 06:00 is ek op die westelike verbypad en my ellelange program vir die volgende twee dae is goed op dreed.

‘n Paar ure later is ek op Outjo. Die dag het pas gebreek en die son vang my op my wangbeen van agter die berge, wat Oos lê.

My maag praat die taal van honger en ek’s by die bakkery in. Gryp daar ‘n brötchen, koekies, ‘n koela en twee muffins.

Toe ek voor by die betaalpunt kom, gryp ek self ‘n plastieksak en gooi my goed in.

Daarmee sê iemand vanuit die restaurant agter my: “Jy weet jy is besig om ons planeet op te dônner met daai plastieksak.”

Ek sê: “Môre, meneer, baie goed, dankie. Hoe gaan dit vanmôre?”

“Moenie maak of jy my nie hoor nie,” sê hy.

“Ek hoor vir jou. En ek stem. Maar die feit dat die plastieksakke reeds hier lê, is die probleem, meneer.”

“Luister, jongman,” sê hy ietwat harder, “elke bietjie help. Ons moet vandag die verskil vir môre maak.”

“Presies. Vind uit waar hierdie sakke vandaan kom, en steek die fabriek aan die brand.”

Sê ek soos ek die winkel verlaat.

Ek weet waarvan die oom praat. En ek kan nie méér met hom saamstem nie, maar elke ding het 'n tyd en plek. Toe is ek weer aan die ry, Noord, na my bestemming.

In die kar drink ek my koeldrank uit ‘n plastiekstrooitjie en besef alles wat ons doen, het ‘n effek op die planeet en die toekoms daarvan. En hoe meer jy bewus raak van hierdie probleem en uitdagings, hoe meer begin dit jou pla. Só erg dat jy effe minder genot ervaar.

‘n Wyle later tree ek by die lodge aan. ‘n Jong man met ‘n vars baard en uitgetrapte plakkies bring vir my ‘n waslappie wat soos cupcake-beslag ruik.

Ek vee die ergste sausage roll af en loop saam met hom na die ontvangsarea. Daar vul ek ‘n persoonlikheidstoets in en meld my dietary requirements aan.

Ons gaan sit by ’n houttafel en raak aan’t gesels. Hy deel vinnig sy storie en ek maak stadige notas.

“Alles wat ons hier doen, is om ons wildlewe, maar veral die wit- en swartrenosters en leeus te bewaar. Dis ‘n geweldige uitdaging en verg voortdurende toewyding,” sê Baardman.

Ek sê: “Dit is wonderlik. As ek kon, het ek vir julle elkeen ‘n prys gegee.”

“Dankie,” sê hy.

“Jou game drive begin 15:00. Pak maar ’n hoed in, die son is kwaai hier.”

Gaaf, sê ek.

Tydens die game drive sien ek wit- en swartrenosters, leeus, kameelperde, wildebeeste, impalas, springbokke en die helfte van die Sasol Birds-boek. En dit was uiteraard baie indrukwekkend.

Maar die oom in die bakkery sit nog op my skouer. Baardman se storie oor bewaring pla my. Die strooitjie in my blikkie laat my verstik.

Terwyl ons nou al dié goedjies wil verander, en bewaar en beter maak, is my vraag egter: Wat doen ons nóú wat oor 50 jaar skaars, oortollig of omgewingsonvriendelik gaan wees?

Kan ons nie ‘n span instel wat dít nou al monitor nie?

Netnou sit ons weer waar ons nou sit.

Vir al wat ons weet, is plastieksakke dalk die minste van ons probleme.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

17 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

17 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...