Ons medelye

14 January 2020 | Menings
2019 was nie net vir Air Namibia ‘n moeilike jaar nie.

Dit was sedert 1990 een van die moeilikste jaar nog vir die hele land.

Kom ons skiet egter nie mnr. Xavier Masule, tussentydse uitvoerende hoof van die redery, se eerlike opsomming van die huidige stand van sake in geheel af nie. Belastingbetalers is wel bekommerd dat die redery se toekoms nie so rooskleurig lyk as wat Masule dit wil voorstel nie.

Die man aan die reddingstuur erken minstens drastiese veranderinge en waagmoed sal nodig wees. Waagmoed mag egter nie die staatskas verder tap nie.

Reeds in Junie is berig die kabinet moes dringend oor die toekoms van Air Namibia besluit. Meer as ses maande later is daar nog nie uitsluitsel nie. Dit bevestig dat politiek swaarder as ander oorwegings weeg.

Tyd sal leer of dit, met 2019 se algemene verkiesing agter die blad, gaan verander, en of Air Namibia – soos verskeie kere tevore – ten alle koste gered gaan word.

Volgens onlangse berigte is net een van die 11 roetes wat Air Namibia tans bedien winsgewend. Hoe langer nie-winsgewende roetes voortbestaan, hoe groter raak skuld – wat weer gedelg sal moet word, soos met die lening van meer as N$500 miljoen waarvoor die regering laat verlede jaar waarborg geteken het.

Republikein is lankal op rekord dat nasionale trots alleen nie ‘n nasionale redery regverdig, of in die lug kan hou nie.

Die Geingob-regering moet ophou water trap oor Air Namibia.

So sê ander

13 Januarie 2020

Trump sterker uit Iran-‘krisis’ as wat baie meen

Meer as ’n week ná die “teregstelling” van Iran se genl.maj. Kassem Soleimani op bevel van pres. Donald Trump kan ’n voorlopige balansstaat van die optrede opgetrek word.

Aan die pluskant is ’n gevaarlike terroris geneutraliseer.

Iran se antwoord bestaan uit 12 missiele wat na Amerikaanse teikens in Irak gelanseer is, maar alles dui daarop dat dit baie versigtig beplan is om geen lewensverlies en ’n minimum skade te veroorsaak.

’n Groot tragedie was die neerskiet van ’n passasiersvliegtuig van die Oekraïne.

Trump beweer dat Soleimani op die punt was om Amerikaanse diplomatieke sendings in die Midde-Ooste aan te val. Maar toe sy amptenare lede van die Amerikaanse kongres van die besonderhede ingelig het, was baie van hul reaksie negatief. Van Demokratiese kongreslede kan ’n mens verwag dat hulle die voorligting onoortuigend sou vind, maar verskeie Republikeine het eweneens gereageer oor wat hulle as hopeloos onvoldoende getuienis beskou.

Trump het pres. Barack Obama in 2011 daarvan beskuldig dat dié ’n oorlog met Iran wil uitlok om sy herverkiesing te verseker. Geld dit nie nou hom ook nie? vra sy teenstanders.

Die situasie in die Midde-Ooste skeel hom duidelik minder as die beveiliging van direkte Amerikaanse belange – en daaroor wen hy moontlik die ronde vir nou.

Duidelik het Trump en sy raadgewers ook reg bereken dat die balans van magte rondom die Midde-Ooste steeds sterk genoeg is om die uitbars van ’n groot reaksie-oorlog te voorkom.

• BEELD (NETWERK24)

Soortgelyk

 

Nóg een sterf, meer gevalle in Windhoek

16 ure gelede | Gesondheid

HoofredaksieBuiten 'n styging in die getal mense in Windhoek wat positief getoets het vir Covid-19, is daar ook al meer mense wat die virussiekte opdoen...

Kusdorpe soek hul vryheid

16 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai Sowat 350 inwoners van Walvisbaai en Swakopmund het Saterdag naby Langstrand aan ’n onwettige optog teen die Covid-19-inperking in die Erongostreek...

Privaatskole dra miljarde by tot onderwys

16 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Privaatskole in Namibië het die afgelope 18 jaar die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se begroting N$833 miljoen jaarliks gespaar. Dit...

Daniele Ferrari in Katolieke tradisie gegroet

16 ure gelede | Mense

Jeanette Diergaardt – Mense van verskillende ras- en taalgroepe het Vrydagmiddag by 'n roudiens in die St. Mary's-katedraal in Windhoek se middestad saam met die...

Weer vir 27 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre noordelike streke, maar sonnig en matig tot warm elders in die land. Die wind sal matig tot...

'Hofpligte sal ek deurvoer'

16 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – Mnr. Johannes Stefansson, die Yslander wat 'n hoofrol gespeel het om korrupsie in die Namibiese visserybedryf oop te vlek, sê hy sal...

Party hou introspeksie

16 ure gelede | Politiek

Augetto Graig – Die heersende Swapo-party het die naweek teruggekyk na die 2019 nasionale verkiesing en selfondersoek gedoen om die pad vorentoe te kan uitstip....

Honde slaap nou warmer

16 ure gelede | Gemeenskap

Die hoktydperk van die Erongostreek weens Covid-19 het nie vir me. Donna Collins van Swakopmund gekeer om beddens aan sowat 50 honde in Windhoek te...

'n Passie vir rekeningkunde én letterkunde

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDie Namibiese boorling Constant van Graan is 'n man van vele talente. Nie net is hy 'n senior lektor in forensiese...