u2018Ons is reg,u2019 su00ea stad se privaat hospitale
u2018Ons is reg,u2019 su00ea stad se privaat hospitale

‘Ons is reg,’ sê stad se privaat hospitale

Windhoek se viertal privaat hospitale het hul onderlinge protokol bekendgestel.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Windhoek se vier privaat hospitale het ’n reaksieplan gereed om die Covid-19-pandemie in fases aan te pak. Bevestigde Covid-19-gevalle in die hoofstad het die afgelope dae toegeneem met 14 nuwe gevalle wat gister aangekondig is.

Die drie fases waarin die plan geïmplementeer word, beteken elk van die hospitale – Lady Pohamba Privaat Hospitaal, Rooms-Katolieke Hospitaal, Rhino Park Privaat Hospitaal en Mediclinic Windhoek – het ’n aantal beddens beskikbaar wat aan Covid-19-pasiënte toegeken is.

Volgens me. Esme Botes, voorsitter van die Namibiese Vereniging vir Private Gesondheidsgeriewe (NAPH), maak die hospitale sodoende voorsiening dat Covid-19-pasiënte, sowel as nie-Covid-19-pasiënte in die betrokke hospitale gehelp kan word. Deeglike kommunikasie tussen die hospitale se bestuur het ook ten doel om mekaar met voorraad, personeel en toerusting te ondersteun.

Botes beklemtoon die plan is nie in yster gegiet nie en die situasie kan verander.

“Nou het ons egter ’n raamwerk met wonderlike personeel wat gereed en toegewyd is om alle pasiënte te help,” het sy gesê.

Die plan word in drie fases en geleidelik in werking gestel en fokus onder meer op die beskikbaarheid van beddens. Tydens die fases word al vier hospitale betrek, wat ’n aantal beddens in verwante sale beskikbaar stel. Die drie fases verseker dat ’n hoeveelheid beddens volgens Botes beskikbaar is om die hoofstad te bedien.

“Deur die plan geleidelik te implementeer, word ’n veilige situasie geskep waarin alle pasiënte genoeg sorg kry,” sê Botes.

In fase 1 en 2 word alle nie-Covid-19-verwante, pediatriese en kraamgevalle by Rhino Park en ook Mediclinic hanteer en verwys.

“Deur die plan in fases te doen en verskillende pasiënte na mekaar te verwys, beskerm ons ons multi-dissiplinêre mediese spanne, personeel en ons pasiënte en word die risiko so laag as moontlik gehou,” verduidelik Botes.

Sy beklemtoon alle hospitale en teaters is gereed en “gaan mekaar se hande vat en ondersteun.”

Volgens Botes beteken dit daar is ’n “satelliettak” in elke uithoek van die hoofstad, insluitend sentraal, om Covid-19-pasiënte te ondersteun.

Met verwysing na die beskikbaarheid van teaters sê Botes die betrokke hospitale hanteer wel nie-noodgevalle wat deur mediese fondse goedgekeur is.

’n Pasiënt word in so geval drie dae voor die beplande prosedure versoek om ’n toets vir Covid-19 te doen om te bevestig of die persoon positief of negatief is. In dié verband bestaan ’n ooreenkoms ook met Pathcare om die uitslae reeds 72 uur voor die prosedure vry te stel.

In die geval van ’n noodoperasie of waar daar nie tyd was vir ’n toets nie, word die betrokke pasiënt hanteer asof hy of sy moontlik positief kan wees en geld die nodige protokol vir die hospitaal, teater en personeel.

Botes beklemtoon “daar is geen manier dat enige pasiënt nié gehelp sal word nie”.

“Ons is nooit onwillig om iemand in nood te help nie.”

In ’n poging om risiko vir blootstelling aan pasiënte en personeel te verlaag, word geen besoekers ook sedert 1 Augustus by die vier hospitale toegelaat nie. Uitsonderings kan wel geld, maar Botes versoek besoekers om “jouself en jou mense” se gesondheidsrisiko in ag te neem.

“Ons moet almal beskerm en kan nie ons mediese spanne en ander pasiente blootstel nie.”

Met verwysing na die beskikbaarheid van suurstof sê Botes elke kamer in ’n privaat hospitaal het suurstof en die hospitale het ook ’n aantal ventilators beskikbaar.

“Ons poog om beddens beskikbaar te hê, ook vir die gewone pasiënt.”

Botes sê die hospitale het ’n goeie verhouding met die staat en “ons help en akkommodeer mekaar waar ons kan”.

Personeel is ook deeglik opgelei in die hantering van Covid-19-pasiënte.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is ook bewus van die hospitale se aksieplan, terwyl mediese fondse na hul lede sal omsien volgens hul beskikbare voordele. Daar is beklemtoon die hospitale kan Covid-19 én nie-Covid-pasiënte bedien.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077