Ons het wêreld vroegtydig oor virus gewaarsku – WHO

Van ’n waarskuwing tot ’n siedende pandemie – dít is hoe die Covid-19-situasie sedert 30 Januarie verander het.
NAMPA
Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), sê die organisasie het die wêreld betyds oor die koronavirussiekte (Covid-19) gewaarsku.

“Ons het nie die mag om ons advies af te dwing nie. Ons het op 30 Januarie reeds die siekte as ’n wêreldwye noodgeval afgekondig.”

Ghebreyesus sê toe dié aankondiging gemaak is, was daar nog net 82 gevalle van die virus buite China.



“Daar was geen gevalle in Latyns-Amerika nie, ook nie in Afrika nie. Slegs tien gevalle in Europa. Daar was ook geen sterftes in die res van die wêreld nie. Niks,” sê hy.

“Elke land kon sy gesondheidsmaatreëls in plek stel. Ons het gesê soek, toets en isoleer en doen kontakopsporing.”

Pres. Donald Trump van Amerika het egter Maandag gesê dat China die virus kon gekeer het voordat dit wêreldwyd versprei het en het bygevoeg dat sy administrasie “ernstige ondersoeke” onderneem na wat gebeur het.

Trump se kritiek was die jongste van sy administrasie oor China se hantering van die uitbreking van die virus, wat laat verlede jaar in Wuhan, China, sy oorsprong het en wat tot ’n wêreldwye pandemie gelei het.

Verlede week het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, gesê Amerika “glo sterk” dat Beijing nie die uitbreking vroegtydig aangemeld het nie en dat hy gevalle daarvan toegesmeer het.

“Ons doen baie ernstige ondersoeke. Ons is nie gelukkig met China nie,” het Trump op ’n inligtingsessie by die Withuis gesê.

“Daar is baie maniere waarop hulle aanspreeklik gehou kan word. Ons glo dat dit by die bron gestop kon word. Dit kon vinnig gestop word en dit sou nie oor die hele wêreld versprei het nie.”

Geng Shuang, woordvoerder van die Chinese ministerie van buitelandse sake, het aan verslaggewers in Beijing gesê dat sommige Amerikaanse politici lieg om die aandag af te lei van hul gebrekkige reaksie op die virus. Hy het nie spesifiek vir Trump of Pompeo by name genoem nie.

“Pogings om China die skuld te gee, sal nie China se pogings om op die virus te reageer, tot niet maak nie,” sê Geng.

Die pandemie het wêreldwyd reeds meer as 210 000 mense se lewe geëis, insluitend meer as 56 000 in Amerika, volgens ’n Reuters-verslag.

Peter Navarro, ’n adviseur van die Withuis, het China daarvan beskuldig dat hy vervalste koronavirusteenliggaam-toetsstelle na Amerika gestuur het en dat hulle ’n “woekerwinsbejag” uit die pandemie verdien.

Navarro sê meer toetse vir die virus, asook teenliggaampies is uiters belangrik om Amerikaners weer in staat te stel om werk toe te gaan.

“Dit is miskien waar ons mense kan vind wat immuun is, wat in ’n veiliger werksomgewing kan wees. Maar ons kan byvoorbeeld nie toelaat dat China daardie vals en nagemaakte toetsstelle inbring nie, want dit gaan baie ontwrigtend wees,” het Navarro in ’n onderhoud op Fox News gesê.

“Daar is baie van hierdie teenliggaamtoetse van lae gehalte wat valse lesings gee wat uit China kom.” –Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!