Ons dink te eendimensioneel oor boedery-groottes
Ons dink te eendimensioneel oor boedery-groottes

Ons dink te eendimensioneel oor boedery-groottes

Ontwikkel vennootskappe, saamboergeleenthede
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Daar is veronderstel om al groter duidelikheid te wees oor die rol van die primêre produsent ten einde ? verskil te maak op verskeie vlakke in die ekonomie.

Tog wys ? onlangse oudit van die sienings oor boere op die teendeel. Boere word nog gesien as deel van ? bedeling van “kla en vra” en vermeende minagting van basiese regte.

? Behoorlike openbare beeldbou-inisiatief sal bepaald help, maar praktiese bewyse van die integrale rol wat boere kan en wil speel in terme van ekonomiese groei, sal ? deurlopende verpligting bly.

Die debatte oor grond waar die hardste gepraat word, ontspoor egter die beste bedoelings.

'n Baie bekende Amerikaanse argitek en toekomskundige, R. Buckminister Fuller (1895 – 1983), het die volgende as riglyn gestel vir waar dit nodig is om te onderskei tussen watter veranderings werklik 'n verskil kan maak: “You never change things by fighting the existing realities. To change something, build a new model that makes the existing model obsolete”.

Lande in Suider-Afrika is in 'n oorgang, maar daar word voete gesleep omdat dringendheid ontbreek.

Die jongste beleide van die belangrikste land in die wêreld, keer bestaande ordes om en daar is tans geen geloofwaardige aanduiding dat dié proses binnekort kan stop en/of verander nie.



AFGELEIDE VRAAG

Ontwikkelende lande se ekonomieë bly in 'n afgeleide staat. Die vraag na enige produk in dié lande – Suid-Afrika, Namibië, Botswana, ensovoorts is 'n afgeleide van wat buite die grense van die lande gebeur.

'n Tuimelende rand maak alle invoere duurder, plaas verdere druk op 'n reeds negatiewe handelsbalans en les bes verteer dit die vermoë van die regerings betrokke om te kan besluit wat om te doen met die geld wat hulle het.

Toenemende afhanklikheid van buitelandse lenings om lopende uitgawes soos die stygende salarisrekening van die staat te kan betaal, beteken dat die rentelas al groter word en as sodanig minder geld laat vir noodsaaklike finansiering van groeigerigte inisiatiewe.

Geen besigheid kan so bestaan nie.

Boere wat ernstig is ook hul besighede wil hul aandag daarby bepaal, maar die onweerswolke van grondonteiening versteur dié visie.

Gewone besigheidsin geld deurgans en word al hoe beter ondersteun deur georganiseerde landbou as die enigste sinvolle benadering om landbou sy regmatige rol te laat speel.

Landbou is die enigste werkbare katalisator vir landelike ontwikkeling. Daaroor hoort daar geen argument te wees nie. Regerings kan maar net gehoor gee aan die baie bewese gevallestudies.

Dit kom egter voor asof veral regerings moedswilliglik hierdie waarheid miskyk. Fuller se raad is dus nou baie gepas.

Kommersiële landbou (dit sluit alle boere in wat boerdery bedryf, ongeag die omvang van deelname) behoort dus te midde van die onsekerhede te verenig om voort te bou op die modelle wat kan werk en die huidige onwerkbare benaderings wat regerings voorstel, uitgediend te maak.

Alhoewel daar baie raakpunte is tussen wat regerings as die ideale rol vir landbou visualiseer, is die amptenary gewoon te gerieflik en te ver weg van die werklikhede op die grond. Skouer aan die wiel sit is wat nodig is. Regerings kon nog nooit landbou laat werk nie; daarbenewens is regerings seker van die swakste grondeienaars. Verspilling is aan die orde van die dag en irriterend, maar juis daarin is daar moontlikhede om die onvervangbaarheid van volhoubare landbou te bewys.



VOLHOUBARE LANDBOU

Volhoubare landbou is die enigste geloofwaardige vennoot as dit kom by ekonomiese ontwikkeling. Te midde van die onweer van beleidsonsekerheid en ekonomiese agteruitgang, behoort landbou te hou by die volgende as sogenaamde pilare:

Gaan voort met behoorlike strukturele transformasie deur middel van wetenskapstoepassing, tegnologie en innovering. Fokus veral op mensgerigte ontwikkeling en verseker volhoubaarheid van die omgewing.

Vrede en sekuriteit is onondelhandelbaar en behoort eenvoudig afgedwing te word. Sodoende sal landbou 'n voorkeurbelegging bly met sakpas finasiering, veral as sodanige finansiering op 'n vennootskapbasis geskied. Ons dink tans te eendimensioneel in terme van boerderygrootte en te min aan hoe behoorlike vennootskappe en saamboergeleenthede ontwikkel en toegepas kan word.

Landbou gaan met so 'n benadering nog beter vaar as dit toegepas word op 'n deursigtige basis onder behoorlike korporatiewe bestuur en beheer, veral as laasgenoemde bemagtigend is.

In so 'n benadering is daar geen plek vir korrupsie nie en die hoë morele grond word gehandhaaf as 'n weer eens ononderhandelbaar.

Behoorlike en bemagtigende makro-ekonomiese beleid sal dan volg en kan vervolgens landbou se belangrike rol as groeivermenigvuldiger versterk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!