‘Ons deure is oop, kom praat’

Jonger kinders ontdek liggaam

02 July 2019 | Misdaad
Ronelle Rademeyer – “Die samelewing moet inligting beskikbaar maak oor waar jongmense wat probleme het, hulp kan kry. Jongmense moet besef selfdood is nie die oplossing nie; daar mense is wat hulle kan help.”

So sê adj.komm Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, na aanleiding van die selfdood van ‘n graad 11-leerling aan die Hoërskool Namib High op Swakopmund.

Haar liggaam is Sondag omstreeks 13:00 deur twee jonger leerlinge van die dorp ontdek toe hulle by die Laerskool Swakopmund se speelterrein wou gaan speel. Die ouer meisie het haarself vermoedelik vroeër die dag met ‘n tou aan die paal van ‘n swaai op die speelterrein opgehang. Sy was 16 jaar oud.

Die geskokte kinders het hul ouers in kennis gestel, waarna die polisie ontbied is.

Volgens Iikuyu is ‘n selfdoodnota in die oorledene se broeksak gevind.

Die polisie het gister in sy misdaadverslag gesê die meisie se naasbestaandes kon nie dadelik van haar dood in kennis gestel word nie, aangesien hulle uitstedig was.

Sy het by haar familie in Mondesa gewoon.

“Jongmense is môre se leiers. Ons moet hulle laat verstaan as hulle probleme het, moet hulle met ouer mense daaroor praat. Die samelewing moet ons help om die boodskap by hulle te kry,” sê Iikuyu.

Intussen het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gister ‘n span beraders na dié hoërskool gestuur om traumaberading aan leerlinge te gee.

Me. Ernfriede Stephanus, direkteur van onderwys in die Erongostreek, sê die beraders is daarheen gestuur om die leerlinge te kalmeer en te bepaal hoe dit met hulle gaan.

“My boodskap aan jongmense is julle moet praat, ons is hier om te luister. Ons deure is oop; julle kan enige tyd by ons instap. Gesprekke met die skoolberader is vertroulik. As julle nie iemand by die huis het om mee te praat nie, kom na ons toe,” het Stephanus aan Republikein gesê.

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

5 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

16 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

16 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

16 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

16 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

16 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

16 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...