‘Ons benodig die olie’

Kritiese media glo in buitelandse drukgroepe se sak

13 October 2021 | Omgewing
Frank Steffen – “Geen grond is gegryp nie,” sê Namibië se petroleumkommissaris, me. Maggy Shino, oor beweringe deur sommige inwoners van die Kavango dat hulle geen toestemming vir die huidige olie-eksplorasie hier gegee het nie.

“Daar was geen rede om dit te doen nie, want die boorgat is so groot soos hierdie tafel,” was die kommissaris se argument toe die Nasionale Vergadering se staande komitee oor natuurlike hulpbronne gister opnuut die ministerie van myne en energie oor ReconAfrica se oliesoektog uitgevra het.

Volgens Shino is aantygings soos dié van grondgrypery fopnuus en die gevolg van die vooroordeel van dele van die plaaslike media.

Sulke koerante is volgens haar lakeie van internasionale drukgroepe. “Afrika se ontwikkelingsagenda kan nie vergelyk word met dié van ontwikkelde lande nie,” het Shino gesê. “Ons benodig die olie.”

Die komitee se voorsitter, oudminister Tjekero Tweya, het gesê die media en publiek is welkom by hierdie openbare vergaderings, maar mag volgens die reëls vir sulke sittings nie vrae stel nie.

“As lede van die komitee sal ons die vrae vra wat ons dink belangrik is,” het Tweya verduidelik.

Shino het herhaaldelik benadruk dat hidrobreking nie bespreek hoef te word nie aangesien dit nie enigsins vermeld word in die voorwaardes waaronder ‘n eksplorasielisensie aan ReconAfrica toegestaan is nie.

Stellings deur die ministerie van myne en energie is nie weerspreek of uitgedaag nie.

Lede van die komitee het nie ‘n enkele vraag oor die moontlike impak op bewaring of die volhoubare ontginning van natuurlike hulpbronne gestel nie. Ook nie oor klimaatsvraagstukke of toerisme nie.

Die hoofsaak vir die komitee en sy lede is dat Namibië se inwoners regmatig finansieel uit die verwerking van bronne moet baat.

Die ministerie is byvoorbeeld gekritiseer oor die duur prys van prospektering en ontginning. Daar is aangevoer dat Namibiërs nie betrokke kan raak by mynbou nie weens jaarlikse fooie wat wissel van N$50 000 tot N$300 000.

“Julle sluit Namibiërs effektief uit hierdie sektor,” is opgemerk.

Tydens ‘n hete debat is die ministerie versoek om sy benadering hieroor te heroorweeg.

Die komitee was wel krities oor werkskepping vir die plaaslike bevolking.

“Ons hoor die heeltyd van ReconAfrica se onderneming om 250 mense aan te stel, maar tydens ons besoek is ons blameer dat plaaslike mense nie oorweeg word nie,” het Tweya gesê.

“ReconAfrica voer aan daar is nie gekwalifiseerde mense nie, maar dit kan nie en mag nie toegelaat word om altyd die verskoning te wees nie,” het die oudminister aangevoer.

Volgens die komitee moes die ministerie ‘n meer aktiewe rol gespeel het in die inligting van die gemeenskap eerder as om ReconAfrica klaarblyklik ‘n vrye hand in die taak te gee. Dit is volgens die komitee moontlik hoekom sekere gemeenskapsleiers in die duister verkeer.

Soortgelyk

 

Minister vra verligting vir boere

11 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het die Nasionale Vergadering (NV) gister versoek om aan boere grondbelastingverligting van...

Verdediging terug onder OG se skoot

11 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – 'n Spook-attaché in Kinshasha wat vergoed is en belastinggeld wat gebruik is om salarisse by August 26 te betaal, is van die...

Weer vir 21 Oktober 2021

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie van meer as 50 mm kan in die oostelike dele van die ||Kharasstreek voorkom.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in...

Saara sien lig in korrupsietonnel

11 ure gelede | Misdaad

Die inhoud van Namibië se nuwe konsepplan teen korrupsie vir 2021-'25 bevat volgens eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila talle positiewe tekens dat hierdie vyand van ­welvaart...

Dippenaar-verhoor hervat in Julie 2022

11 ure gelede | Howe

Adolf Kaure in Swakopmund – Na twee dae se getuienis is die verhoor waarin mnr. Jandré Dippenaar op ses klagte van moord tereg staan, gister...

Kalkrand oorleef op druppels

11 ure gelede | Maatskaplik

Augetto Graig – Die klein en arm gemeenskap van Kalkrand moet al bykans drie weke lank met net druppels water oor die weg kom nadat...

Reën kan tot môre duur

11 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik dat wydverspreide donderbuie vandag (Donderdag) in die oostelike dele van die ||Kharasstreek kan voorkom, wat...

Regter roskam ‘homofobiese’ ministerie

11 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Hoërhofregter Thomas Masuku het die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se “diskriminasie teen selfdegeslagpaartjies” veroordeel. Toe hy in sy...

Sterftekoers onder swanger vroue te hoog

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Hoewel belangrike vooruitgang met 'n afname van 40% in die sterftekoers vir swanger vroue en pasgebore babas die afgelope twee dekades gemaak...