Onrus broei oor Russiese grondbaron
Onrus broei oor Russiese grondbaron

Onrus broei oor Russiese grondbaron

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Terwyl nagenoeg 300 mense gereed maak om Marula Game Ranch van die grondbaron mnr. Rashid Sardarov te beset, vorder regslui fluks met die opstel van hofstukke in twee afsonderlike aansoeke vir die hersiening en tersydestelling van sy nuutste, omstrede grondtransaksies.

Mense wat op die plaas Stinkwater (ook bekend as Gubagub) en ander plase langs die Skaaprivier by Dordabis woon, dreig om dié Russiese miljardêr se grond Maandag op Menseregtedag met hul vee en besittings te beset.

Dít indien die regering nie vóór daardie tyd die ooreen­koms met Sardarov opskort ingevolge waarvan hy vier plase in dié omgewing gekoop het, dit aan die regering geskenk het en nou vir 99 jaar huur nie. Namibiërs se skok, verontwaardiging en woede was veral te wyte aan die feit dat hierdie transaksies deur die regering 'n skamele twee weke voor die nasionale grondkonferensie stil-stil beklink is.

Voorvaders se grafte

Ds. Lazarus Awaseb, gemeenskapsleier en woordvoerder van die inwoners van Stinkwater, sê dié gemeen­skap van plaaswerkers het op Sardarov se plase grootgeword en hul voorvaders is daar begrawe. Foto's van die grafte is aan die media voorgelê toe Awaseb hul voornemens Vrydag by 'n nuuskonferensie in Katutura bekend gemaak het.

Hulle dring nou daarop aan om daar hervestig te word.

Awaseb sê die groter gemeenskap van sowat 5 000 mense sien al die afgelope 28 jaar reikhalsend daarna uit om hul grond terug te kry en sodoende hul waardigheid te herstel.

“Hulle wil hul vaardighede op dié grond inspan om welvaart en beleggings vir die toekoms te skep,” sê Awaseb.

Met hierdie huurpagooreenkoms het die 63-jarige Sardarov dit reggekry om die grond waaroor hy beskik tot sewe plase van nagenoeg 50 000 ha uit te brei.

“Het die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, en sy voorgangers nog nooit stilgestaan en hulself afgevra wat óns behoeftes is nie,” wil Awaseb weet.

Hy het 'n beroep op die polisie gedoen om hulle toe te laat om vreedsaam op die plaas te ontplooi.

Verder vra hulle boere in die omgewing en die internasionale gemeen­skap om hul saak te ondersteun.

Intussen het beide die Popular Democratic Movement (PDM) en die menseregteprokureur, mnr. Norman Tjombe, gister bevestig hulle is in die pylvak met die opstel van hofstukke in die twee afsonderlike aansoeke vir die hersiening en tersydestelling van dié grondtransaksies.

Mnr. McHenry Venaani, president van die PDM, sê die party is besig om die hofstukke wat deur me. Elize Angula van die regsfirma AngulaCo. Inc. opgestel is, te verifiëer.

Die PDM wou kort nadat die inligting oor die grondtransaksies bekend geword het, 'n dringende hofaansoek indien. Angula het die party egter daarop gewys gronde vir dringendheid ontbreek en die hofreëls vir 'n gewone mosie moet gevolg word.

Volgens Tjombe, wat pro bono namens die gegriefde kleinboer mnr. Asser Katjinaani optree, sê hy beoog om die aansoek teen Vrydag by die hoërhof in te dien.

Katjinaani besit 300 stuks vee en woon in die Omitara-omgewing.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%