Onoorwonne Kazak bots met Demolisher
Die Namibiër het tien gevegte op 'n streep gewen sedert sy enigste neerlaag vier jaar gelede.
Andrew Poolman - 'n Ware toets vir Lukas Ndafoluma (The Demolisher) se boksloopbaan wag môreaand in die Almaty Arena, in Kazakstan se grootste stad Almaty.
Die gasheerland se onoorwonne vegter Aidos Yerbossynuly (tien gewen, agt uitklophoue) klim deur die kryttoue teen die Namibiër, wie se rekord op 15 gewen (12 uitklophoue) en een puntenederlaag staan.
Die twee sal sake uitspook om die Wêreldboksvereniging (WBA) se vakante “internasionale” titel in die supermiddelgewigklas (tot 76.2 kg), terwyl die Wêreldboksraad (WBC) se Asiatiese titel ook op die spel staan.
Voor sy vertrek na Kazakstan saam met sy afrigter Tobias Nashilongo, het Ndafoluma aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê hy dra die geveg op aan sy geboorteland se gevalle helde wat in die onafhanklikheidstryd hul lewens opgeoffer het.
“Ek wil die geveg in styl wen, omdat dit die naweek Namibië se Onafhanklikheidsvieringe is.
“Ek is nie bang of skaam om buite die landsgrense te gaan veg nie. Inderdaad reken ek dat my beter gevegte sover op reis was. Ek het tevore in Europa gewen en nou gaan ek dit in Asië doen.
“Ek weet ek sal op my beste moet wees as ek die twee titels huis toe wil bring. Ek het hard gewerk in die gimnasium en in die laaste dae het ons die intensiteit opgeskerp, sodat ek gereed vir die geveg is.”
VERBETER
Ndafoluma se enigste nederlaag was in November 2014 teen sy landgenoot Pohamba Mandume (destyds 5-6-3), 'n middelmatige vegter met 'n onbreekbare kakebeen wat hom eenvoudig in die tweede helfte van die geveg uitgeput het.
Sedertdien het Ndafoluma egter tien gevegte op 'n streep gewen. Hy het onder meer die lig gerekende Wêreldboksfederasie (WBF) se interkontinentale middelgewigtitel gewen toe sy landgenoot Ebenestus (Mendu) Kaangundue tou opgegooi het.
Oorwinnings in Manchester (klop Craig Cunningham met punte, November 2017), in Harare (klop Jimmy Mabundji eenparig met punte, November 2018) en in Kaapstad (uitklophou teen Rams Ilunga, Januarie 2019) het egter baie vir die lenige Namibiër se selfvertroue beteken.
Die Kazak-vegter is 'n kalant wat reeds twee keer in Amerika en een keer in Moskou gaan wen het, maar Ndafoluma het vertroue dat hy die naweek op sy ondervinding sedert sy debuut in 2011 sal kan steun.
“Ja, ek het gesien dat (Yerbossynuly) 'n indrukwekkende onoorwonne rekord het, maar ek is van die Land van die Dapperes en ek is vasberade. Die feit dat ek tevore teen onoorwonne vegters gewen het, gee my al die selfvertroue wat ek nodig het.”
Volgens hom het sy afrigter Tobias Nashilongo se oefenmetodes bygedra om hom 'n beter bokser te maak.
BEOORDELAAR NA KENIA
Fillemon Mweya is die enigste Namibiër wat as skeidsregter en beoordelaar by die Wêreldboksraad (WBC) geregistreer is.
Mweya het vandeesweek na Nairobi vertrek, waar hy môreaand as 'n beoordelaar van die WBC superkapokgewig vrouetitelgeveg tussen die kampioen Fatuma Zarika van Kenia (31 gewen, 12 verloor, 17 uitklophoue) en Catherine Phiri (Zambië, 16-3, 10 uitklophoue) sal optree.
“Dié aanstelling is nie vir my 'n verrassing nie. Dit is die vrugte van die WBC-konvensie wat ek in Oktober verlede jaar in Kiëf, Oekraïne gaan bywoon het.
“My harde werk en toewyding vir die toetse en eksamens was die moeite werd sodat ek my diploma in skeidsregterskap en beoordeling kon verwerf. Die deure gaan nou vir my oop en ek word die eerste Namibiër wat 'n wêreldtitelgeveg van die WBC hanteer,” sê Mweya.
Thabo Spampol van Suid-Afrika sal die skeidsregter wees, met Mweya, Michael Neeqwaye (Ghana) en Irene Semakula (Uganda) die drie tellinghouers. Mweya het sy dank uitgespreek teenoor die borge Air Namibia, Solitaire Press, Green Enterprise Solutions, Embalangadja Investment, Scorpion Upholstery Trading en Lingua College wat verlede jaar sy reis na Oekraïne moontlik gemaak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie