Onnies deel kamers met leerlinge
Kenya Kambowe
Sommige leerlinge aan die Laerskool Sikarosompo in die Kavango-Wesstreek verkies om tussen vier en 20 km te voet af te lê in plaas van om in die gemeenskapskoshuis te woon, wat in 'n haglike toestand is.
Dié omstandighede het ook daartoe gelei dat onderwysers hul kamers met leerlinge moet deel – veral onderwysers wat tydelike huisvesting opgerig het.
Die beskermende laag modder bo-op die twee koshuisstrukture – een vir seuns en een vir meisies – is deur die reën weggespoel, wat die leerlinge nou aan koue, nat nagte blootstel.
Altesaam 10 van die 11 leerlinge wat in die koshuis tuisgaan, is seuns wat in groepe verdeel is en saam met die onderwysers woon, terwyl die enigste meisie 'n vertrek met 'n onderwyseres deel.
Verlede jaar het 20 leerlinge in die koshuis gewoon.
Die afname in leerling-getalle word aan die toestand van die koshuis toegeskryf.
Die skool is sowat 30 km suid van Nkurenkuru geleë.
Vir die huidige akademiese jaar is 212 leerlinge hier ingeskryf.
Die waarnemende skoolhoof, me. Miriam Kaihoto, het by navraag gesê die leerlinge wat skool toe loop, is van die Suni-, Naimanya- en Karavenedersettings.
Sy het toegegee die koshuis, wat in 2015 gebou is, is in 'n gehawende toestand.
Volgens haar is die onderwysers hul privaatheid kwyt omdat hulle hul kamers met leerlinge moet deel.
Naas die uitdagings met verblyf sukkel sommige ouers ook om die N$150 per kind per termyn vir aandete te betaal.
Dié maaltyd, wat hoofsaaklik uit pap en vis bestaan, berei die leerlinge self voor.
Kaihoto het haar op weldoeners beroep om die skool te help om die koshuis op te knap.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie